Man brand glo lyk nu00e1 hy vrou vermoor
Man brand glo lyk nu00e1 hy vrou vermoor

Man brand glo lyk ná hy vrou vermoor

Yandi Du Plessis
Die polisie ondersoek 'n saak van moord en die skending van 'n lyk ná ’n man glo Saterdag sy meisie met 'n klip doodgeslaan en dele van die liggaam daarna met vuur gebrand het.
Volgens die polisie se misdaadverslag het dit by Otjongwe in die Aminuis-gebied gebeur.
Na bewering het ’n rusie tussen die verdagte, ’n 27-jarige man, en die 25-jarige me. Christine Brander ontstaan terwyl hulle besig was om te stap.
Die verdagte het glo ‘n klip gevat en vir Brander verskeie kere oor die kop geslaan, wat haar dood veroorsaak het. Daar word verder beweer die verdagte het vuur gemaak en die oorledene se gesig, bobeneen rug verbrand. Daarna het hy haar lewelose liggaam glo sowat 40 meter ver tot onder ’n boom gesleep, waarna hy na ’n nabygeleë nedersetting gegaan en die inwoners meegedeel het sy meisie ineengestort en gesterf het..
Hy is in hegtenis geneem en haar naasbestaandes is van haar dood in kennis gestel. Die polisieondersoek duur intussen voort.

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer