Man skiet vrou, toe homselft
Man skiet vrou, toe homselft

Man skiet vrou, toe homself

Kristien Kruger
Gister omstreeks 18:00 het ’n 39-jarige man na bewering sy meisie – en die ma van sy twee kinders – in Wanaheda doodgeskiet en daarna selfdood gepleeg.

Volgens ’n polisieverslag het sy meisie, me. Ndapewa Moses, by haar ouers in die Ombili- informele nedersetting gewoon. Hy het glo na haar toe gegaan en probeer oortuig om terug te kom na hulle huis in die Ombwa yalyata Otina- informele nedersetting naby Okahandja Park.

“Toe sy weier, het hy haar noodlottig in die kop geskiet en toe homself,” lui die verslag.

Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, is die jongste van die oorledenes se twee kinders slegs vier jaar oud en het saam met Moses in die Ombili- informele nedersetting gewoon.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer