Man skiet vrou, homself op Rehoboth
Man skiet vrou, homself op Rehoboth

Man skiet vrou, homself op Rehoboth

Francoise Steynberg
’n Tragedie het die Rehoboth-gemeenskap vanoggend geruk nadat ’n 47-jarige man eers sy vrou (38) in die kop geskiet en daarna homself doodgeskiet het.

Volgens adj.komm. Eric Clay van die Namibiese polisie (Nampol) in die Hardapstreek, het die voorval omstreeks 02:08 glo ná ’n rusie tussen die egpaar plaasgevind.

“Die man het op die toneel gesterf nadat hy homself ook in die kop geskiet het. Sy vrou is na ’n Windhoekse hospitaal gehaas waar sy in ’n kritieke toestand verkeer,” het Clay gesê.

Volgens hom is dit nog in hierdie stadium onduidelik waaroor die egpaar geargumenteer het. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer