Man pleeg selfmoord ná passasier in ongeluk beseer is
Mnr. Philip Rooinasie (43) was Saterdag omstreeks 12:00 op die Trans-Kalahari-grondpad in 'n ongeluk betrokke waarna hy selfmoord gepleeg het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het Rooinasie beheer oor sy voertuig verloor, dit het omgeslaan en sy passasier het beserings opgedoen.
Rooinasie het daarna homself met 'n petrolpyp aan 'n boom opgehang.
"Die voertuig was nie padwaardig nie en Rooinasie het nie 'n rybewys gehad nie," sê die polisie.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie