Man oorleef voertuigbrand op Noordepad
'n 30-jarige man is ongedeerd nadat sy voertuig vroeg Maandagaand sowat 45 km noord van Otjiwarongo uitebrand het.
Mnr. Paulus Kakunde het aan Nampa gesê hy was alleen op pad vanaf Windhoek na Grootfontein toe hy 'n ent buite Otjiwarongo in die truspieël opgemerk het die band regs agter is aan die brand.
Hy het van die pad getrek en aanskou hoe sy voertuig heeltemal uitbrand.
Die vermoede is dat die wiellaer 'n meganiese probleem gehad het en die wrywing het die band laat vlamvat.
Die polisie se woordvoerder in die Otzondjupastreek. ao Maureen Mbeha, het die voorval bevestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie