Man noodlottig op plaas gewond
Man noodlottig op plaas gewond

Man noodlottig op plaas gewond

Boer in hospitaal
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Mnr. Arnold Huber is op Kersdag op sy plaas Otjirukaku in die Grootfontein-distrik deur drie mans aangeval waarna hy een van hulle noodlottig gewond het.

Volgens Huber het sy plaaswerkers hom meegedeel daar is vreemde mans op die plaas. Hy het gaan ondersoek instel en drie mans met ‘n waterkan teëgekom.

Hy het telefonies uit ‘n Windhoekse hospitaal aan Republikein gesê die mans het water vir hul voertuig gesoek wat glo onklaar by die hoofpad gestaan het.

Huber het sy seun Ludwig teruggestuur met die waterkan om water en gereedskap by die opstal te gaan haal.

Huber het gesê met hul aankoms by die hoofpad was daar egter geen voertuig te siene nie. Toe hy hulle vra waar die voertuig is, het die drie hom aangeval om sy jaggeweer te beroof.

Hy sê 'n worsteling het tussen hom en die mans het onstaan en 'n skoot het afgegaan. Een van die mans is noodlottig in die bobeen gewond.

Huber is vermoedelik met ‘n houtspar oor die kop geslaan en sy kakebeen is gebreek. Hy sê sy seun het hom bewusteloos en die oorledene op die toneel gevind, maar die ander mans en sy .308-jaggeweer was spoorloos.

Huber is dieselfde dag in Windhoek in ‘n hospitaal opgeneem waar 'n skandering vir bloeding op die brein gedoen is.

Hy sal eers Maandag by medici hoor hoe sy kakebeen geheg sal word.

-[email protected]

Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer