Man leef nu00e1 berigte oor sy afsterwe
Man leef nu00e1 berigte oor sy afsterwe

Man leef ná berigte oor sy afsterwe

Polisie
NAMPA
’n 38-jarige man van Khorixas is verkeerdelik as dood aangemeld ná ’n kommunikasiefout in ’n Namibiese polisieverslag.
Mnr. Arnold Eiseb het volgens ’n onlangse misdaadverslag glo op Nuwejaarsdag op twee leë bierbottels geval, maar anders as wat aanvanklik berig is, het Eiseb nie aan die wonde beswyk nie.
Hy het die voorval oorleef, hoewel hy steeds in ’n stabiele toestand in die hospitaal is.
“Dit was ’n tikfout. Die betrokke opskrif moes lui ‘poging tot moord’ en nie ‘moord’ nie. Ek vra namens die polisie om verskoning vir die fout,” het die nasionale woordvoerder van die polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, aan die nuusagentskap gesê.
Die polisie in Khorixas vermoed vuilspel en het ’n saak van poging tot moord geopen en ondersoek tans die saak.
Volgens inspekteur Paul Gaoseb, waarnemende stasiebevelvoerder in Khorixas, is nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie en wag die ondersoekbeamptes vir Eiseb om uit die hospitaal ontslaan te word.
– Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer