Man kry borgtog wat glo ietermagu00f4vel wou smous
Man kry borgtog wat glo ietermagu00f4vel wou smous

Man kry borgtog wat glo ietermagôvel wou smous

Francoise Steynberg
‘n Man (59) wat Vrydagoggend op Grootfontein in besit van ‘n ietermagôvel in hegtenis geneem is, het gister borgtog van N$1 500 in die landdroshof op die Noorde-dorp gekry.

Mnr. Hafeni Haimbodi het gistermiddag voor landdros Murray Shikongo op klagte van die besit van en handel in beskermde en beheerde wildprodute verskyn.

Staatsaanklaer Patricia Matengu het versoek dat Haimbondi op borgtog van N$5 000 vrygelaat word en gesê die ietermagô ter waarde van N$50 000 is vir sy vel doodgemaak.

Shikongo het egter borgtog van N$1 500 aan die beskuldigde toegestaan en die saak tot 22 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel, asook om vir Haimbodi om regsverteenwoordiging te bekom.

Die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het gesê Haimbodi is in hegtenis geneem toe hy glo die vel Vrydag naby die Otjivanda Senior Sekondêre Skool op Grootfontein wou verkwansel. - Nampa

Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-07-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer