Man glo vas met twee muskeljaatkatvelle
Wildmisdadigers is minder bedrywig tydens die Covid-19-hoktyd met slegs drie nuwe sake aangemeld en sewe verdagtes die afgelope week in hegtenis geneem.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme van 13 tot 19 April, is vyf van dié verdagtes in verband met renosterstropery of pogings daartoe vasgetrek.
Beslag is op altesaam 63 patrone, vyf vuurwapens en twee muskeljaatkatvelle gelê.
Mnr. Munango Muhoko is verlede Woensdag by Rundu met die muskeljaatvelle glo in sy besit vasgetrek.
Wat hofsake betref, het vier vermeende diewe van 34 renosterhorings op Outjo verlede Woensdag weer in die hof verskyn. Mnre. Hofeni Amakali, Elias Mweutwikange, Ananias Amukwa en Viega Shipahu se saak is tot 19 Mei uitgestel.
Amukwa is op borgtog van N$5 000 vrygelaat en sy medebeskuldigdes bly in aanhouding.
Op Grootfontein is mnr. Frans Kalihonda wat glo met twee ietermagôvelle in Augustus 2018 vasgetrek is, verlede Woensdag op borgtog van N$2 000 vrygelaat. Hy verskyn weer op 19 Mei in die hof nadat hy vir regshulp aansoek gedoen het.
'n Angolees, mnr. Tomas Manuel en twee Namibiërs, mnre. Gervasius Sheehama en Moses Akuunda, het verlede Woensdag in die Oshakati-landdroshof in verband met die onwettige besit van 'n lewende ietermagô en twee ietermagôvelle verskyn.
Hulle bly in aanhouding en hul saak is tot 19 Mei vir pleitdoeleindes uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie