Man glo met gemsbokhoring vermoor
Die 70-jarige mnr. Thomas Johannes is vroeg Vrydagaand na bewering deur ‘n 49-jarige man met wie hy rusie gemaak het, buite sy huis op Noordoewer met ‘n gemsbokhoring doodgesteek.
Die polisie sê in sy weeklikse misdaadverslag die oorledene het in sy huis in gegaan en ‘n gemsbokhoring gaan haal toe hulle baklei het, waarna die verdagte dit glo by hom gegryp en hom twee keer daarmee in die bors gesteek het.
Die verdagte sal Maandag op ‘n klag van moord in die landdroshof op Karasburg verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie