Man eis duisende ná inspuiting
In die soveelste eis teen die ministerie vra ’n voormalige pasiënt N$700 000 vir pyn en lyding.
Henriette Lamprecht – In die soveelste eis vir beweerde mediese nalatigheid by ’n openbare gesondheidsinstelling het ’n man van ’n informele nedersetting in Windhoek hom by verskeie aanklaers geskaar, wat die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste hof toe sleep.
Mnr. Negumbo Shikoyeni, ’n werklose man van die Goreangab- informele nedersetting in die hoofstad, dagvaar die ministerie vir N$700 000 se skadevergoeding.
Respondente in die saak sluit die minister van gesondheid, ’n senior geregistreerde verpleegster verbonde aan die Katutura-gesondheidsentrum, sowel as die waarnemende mediese superintendent van die Katutura-staatshospitaal, dr. Mwadina Shiweda in.
Volgens Shikoyeni se verklaring soos vervat in hofstukke het hy op 29 September 2019 die Katutura-gesondheidsentrum besoek omdat hy opgegooi het en “swak in sy knieë” gevoel het. ’n Suster wat hier aan diens was, het Shikoyeni ’n inspuiting in sy lae rug gegee.
Kort hierna het dit erg begin bloei en het die area waar die inspuiting toegedien is, geweldig begin opswel. Volgens Shikoyeni het hy by die suster oor die volgehoue bloeding en swelling gekla.
Volgens hom was haar antwoord dat hy huis toe moet gaan en dat die bloeding sal ophou en die swelling sal verdwyn.
Beide het egter net vererger ondanks die voorgeskrewe medikasie wat hy by die sentrum ontvang het. Sowat ’n week later op 5 Oktober sê Shikoyeni is hy noodgedwonge na die Katutura-staatshospitaal, waar hy net medikasie ontvang het en aangeraai is om huis toe te gaan.
Die bloeding en swelling het bly vererger en hy is weer Katutura-staatshospitaal toe. Teen dié tyd kon hy byna nie meer stap nie en moes hy in die voertuig in- en uitgehelp word, wat hom hospitaal toe geneem het, voer hy aan.
Hy is dieselfde dag vir ’n operasie opgeneem en het ’n week in die hospitaal deurgebring.
Volgens Shikoyeni het sy bene ná sy ontslag uit die hospitaal “al swakker” geraak en kon hy nie meer soos voor die operasie op sy voete staan nie.
Volgens Shikoyeni het die inspuiting wat tot die operasie gelei het hom ernstige ongemak en pyn, trauma en “swakheid in sy bene” veroorsaak, wat steeds voortduur.
Hy eis N$200 000 vir pyn en lyding, N$200 000 vir die verlies aan lewensgehalte en N$300 000 vir huidige en toekomstige mediese uitgawes, asook uitgawes wat hy in die verlede ná die voorval moes aangaan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie