Man dood ná hy aan die brand gesteek is
Denver Kisting – ’n Man is gisternamiddag in die Katutura-hospitaal dood nadat hy vroeër dié dag vermoedelik aan die brand gesteek is.
Komm. Silvanus Nghishidimbwa, die bevelvoerder van die Khomasstreek, sê die polisie soek na twee mans wat glo gister in die oorledene se geselskap opgemerk is.
’n Verbyganger het omstreeks 15:00 die polisie laat weet toe die erg verbrande man in ’n rivierloop tussen Khomasdal en Enkelkwartiere in Windhoek ontdek is.
Die man is kort ná sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Nghishidimbwa sê ’n ooggetuie het na bewering gesien hoe die oorledene en twee mans ’n kroeg in Enkelkwartiere verlaat en in die rigting van die rivier beweeg het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie