Man doen hom voor as polisielid
Man doen hom voor as polisielid

Man doen hom voor as polisielid

Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het die publiek teen ’n man gewaarsku wat homself as ’n hoofinspekteur voorgee en geld van sy potensiële slagoffers eis.

“Die man stel homself glo as hoofinspekteur Martin Josef Nekudi van die spesiale taakmag voor. Hy bel klaers en slagoffers van misdaad en lig hulle in dat hy die nuwe ondersoek beampte is wat aangestel is om hulle saak te ondersoek omdat die vorige ondersoekbeamptes nie daarin kon slaag om die verdagte/s in hegtenis te neem nie. Hy eis dan geld om oor die weg te kan kom terwyl hy besig is met die ondersoek aangesien die regering bankrot is. In sommige gevalle eis hy die rekeningnommer en geheime pinkode van die klaer waarna hy geld uit hul rekeninge onttrek,” lui die verklaring.

“Ons wil dit duidelik maak die man is nie ’n lid van die Namibiese polisie nie. Hy is ook nie opdrag gegee om polisieondersoeke te doen nie. Ons vra die publiek om baie versigtig te wees wanneer hulle persoonlike inligting uitdeel. Daar is geen manier ’n individuele polisiebeampte of ’n ondersoekbeampte sal geld vir die lewering van sy dienste eis nie. Wanneer so iets gebeur, is dit ’n bedrogspul en moet die individueel onmiddellik by die naaste polisiekantoor aangemeld word,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!