Man beken moord op Manfred Hartmann
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die bejaarde Swakopmunder, mnr. Manfred Hartmann, by sy huis op dié kusdorp vermoor het, het skuld beken.
Mnr. Unaro Mbemukenga het vandag (Maandag) sy eerste verskyning in die landdroshof in Swakopmund gemaak nadat hy die afgelope weke vir 'n skietwond gehospitaliseer is.
"Toe ek hom met die baksteen geslaan het, het ek bedoel om hom dood te maak. Ek weet nie wat in my kop aangegaan het nie," het die beskuldigde aan die hof gesê.
Die staat het beswaar gemaak teen die toekenning van borgtog en die saak is tot 13 November vir verdere ondersoek uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie