Maltrap Tyson keer terug na kryt
Boks
Michael Green - Een van die grootste babbelbekke in wêreldboks tot nog toe, Tyson Fury van Brittanje, maak Saterdag ná 'n afwesigheid van byna drie jaar sy terugkeer tot die kryt.
Fury (29) boks in Manchester teen Sefer Seferi (39) van Albanië.
Selfs terwyl Fury nie geboks het nie, was hy selde uit die nuus.
Nadat hy in November 2015 'n opskudding veroorsaak het deur Wladimir Klitschko se swaargewigtitels by hom te buit, het Fury die kluts kwyt geraak.
Fury het aan die wêreld sy opinie oor enigiets, van homoseksualiteit tot ander boksers se gebrek aan talent, begin verkondig. Hy het ná ander boksers se gevegte in die kryt gespring en hulle beledig.
Hy het toe in 'n depressie verval, glo dwelms gebruik en is twee jaar geskors nadat hy positief vir 'n verbode middel getoets is.
Ja, die sogenaamde Gypsy King en omstredenheid het nog altyd hand aan hand geloop. Party mense sal sê hy was nog altyd van lotjie getik, of minstens erg eksentriek.
Nou is hy terug en soek weer glorie in die kryt.
“Ek is goed op koers. Ek weet wie ek is, waar ek vandaan kom en waarheen ek op pad is,” het hy aan die webwerf Boxing Scene gesê.
Aan SkySports het hy gesê sy kragmeting met Seferi is vir hom soos 'n “wêreldtitelgeveg”.
Fury se afrigter, Ben Davison, gee toe dat dit 'n stryd was om Fury weer fiks te kry.
Vir sy eerste teenstander in byna drie jaar het Fury nie 'n vuurspuwende draak gekies nie.
Seferi, 'n junior swaargewig, het wel nog net een van sy 24 gevegte verloor, maar die bokspubliek het hom op sosiale media uitgelag nadat hy in sy eerste openbare oefensessie geensins indrukwekkend gelyk het nie.
Die meeste van sy teenstanders, van wie hy 21 uitgeslaan het, was self ook nie juis wêreldsterre nie.
Sy enigste nederlaag was teen Manuel Charr van Sirië, wat nogal as 'n breker bekend is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie