Maltasklub ondersteun Werda Projekskool
Die Maltasklub van die Universiteit van Namibië het onlangs kragte met die universiteit se entrepreneurskapklas, die kantoor van die studentedekaan en Namibia Wildlife Resorts (NWR) saamgesnoer om ’n tweedaagse gemeenskap uitreikprogram na die Werda Projekskool in die Kunenestreek aan te bied.
Die besoek was tweedoelig: Om die regering se pogings te ondersteun om kos aan minderbevoorregte gemeenskappe te voorsien en om meer oor die kultuur van die //Om-gemeenskap by Werda te leer.
Die Maltasklub en ander belanghebbendes het ’n duisend blikkies kos en ander items aan die skool oorhandig. Terwyl hulle daar was om meer oor die gemeenskap te leer, het hulle terselftertyd leerlinge by die skool gemotiveer en geïnspireer.
Deur die loop van hul besoek is die geskiedenis van NWR met die kinders gedeel, asook meer inligting oor die verskillende diere wat in die Etosha Nasionale Park voorkom, die belangrikheid van mondhigiëne, natuurbewaring en beroepsvoorligting.
Hulle het ook ’n sokkertoernooi en ’n Mej. NWR-skoonheidskompetisie gehou. Laasgenoemde is deur Keisha Newaka, ’n derdejaarstudent in besigheidsadministrasie gereël.
Die finale fase van die gemeenskapsprojek vind vroeg in Januarie 2016 plaas waartydens Unam-studente skooluniforms aan al die leerlinge van die skool sal oorhandig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie