Maltas skenk skooluniforms
Lede van die Universiteit van Namibië (Unam) se Maltasklub het skooluniforms aan leerlinge van die Werde-projekskool, sowat 80 km van Outjo in die Kunenestreek, geskenk. Die skenking is moontlik gemaak danksy 'n geldinsameling van die Maltas en die entrepreneursklas van 2015 wat N$35 000 bymekaargemaak het. Die Maltas se dr. Wilfred April het sy dank teenoor Unam se waarnemende dekaan, me. Magrieta Mainga, vir haar ondersteuning uitgespreek.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie