Malawi: Alternatief vir tabak gesoek
Malawi: Alternatief vir tabak gesoek

Malawi: Alternatief vir tabak gesoek

Internasionale tendense in tabakmarkte, gesondheid en die omgewing plaas druk op die Malawiese bedryf.
Landboukenners verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US) gaan, tesame met internasionale vennote, Malawiese boere oor die volgende vyf jaar help om na alternatiewe vir tabakverbouing te soek.

Malawi is volgens 2016 se syfers die 13de grootste produsent van tabak ter wêreld. Die land verdien 59% van sy totale inkomste uit tabakuitvoere en nagenoeg 32% van Malawiërs is by die verbouing van hierdie gewas betrokke, lui ’n verklaring wat deur die US uitgereik is.

Die land se ekonomie is dus uiters nou met tabakboerdery verweef, en daarom meen kenners dat veranderinge in die gebruik van tabakprodukte oor die wêreld heen die Malawiese ekonomie op die lang termyn beduidend kan beïnvloed.



’n Nuwe inisiatief, die Sentrum vir Landboutransformasie in Malawi (M-CAT of Malawi Centre for Agricultural Transformation), is egter daarop gemik om die land minder afhanklik van tabakverbouing te maak en die ekonomie te diversifiseer. Nuwe opsies en markte binne die landboubedryf sal gesoek en geïdentifiseer word.



Die US se fakulteit agriwetenskappe, en veral die departement landbou-ekonomie, is vennote in die projek.

Dit sal vyf jaar lank duur en die befondsing beloop $5 miljoen.

Die Foundation for a Smoke Free World (Fsfw) het die geld in Desember aan die projek toegeken.

Die Universiteit van Minnesota in die VSA, die Malawi-Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en die niewinsgewende maatskappy Land O’Lakes International Development is ook by die inisiatief betrokke.

Die eerste beplanningsessie tussen die onderskeie projekvennote sal in Meimaand op eie bodem by die US plaasvind.

Verandering kom

Volgens die M-CAT-vennote oefen internasionale tendense rondom tabakmarkte, gesondheidskwessies en omgewingsake reeds druk op die Malawiese bedryf uit. Daarom het die regering in Malawi self die nodigheid gesien om die land se ekonomie te diversifiseer en sy afhanklikheid van tabak as die grootste buitelandse valutaverdiener te verslap, lui die verklaring verder.

“Ons wil deur die M-CAT-projek voorkomend probeer optree. Ons is ’n sterk netwerk van vennote wat wil saamwerk om Malawiese boere te help om alternatiewe gewasse te vind wat steeds winsgewend uitgevoer kan word,” verduidelik prof. Danie Brink, dekaan van die US se fakulteit agriwetenskappe.

“Sodoende sal die land steeds allerbelangrike buitelandse valuta kan verdien,” sê hy.

Volgens die M-CAT-vennote het tabakboerdery kleinboere nog nooit uit armoede gelig nie. Die kenners verbonde aan die projek hoop om baie goeie data in te samel en te analiseer, en dít dan te gebruik om doeltreffende beleid te help skryf en hulpbronne sinvol in te span.

Hulle sal aanvanklik navorsing doen oor Malawiese landbou-ekonomiese aangeleenthede en verwante velde.

‘Kondisies bekend’

Volgens die verklaring is al die vennote met die toestande in Malawi vertroud.

Die Universiteit van Minnesota het byvoorbeeld onlangse tabakverwante navorsing gedoen, terwyl ’n aantal Malawiese nagraadse studente die afgelope paar jaar grade aan die US ontvang het.

Land O’ Lakes International Development werk reeds die afgelope 20 jaar in die land, en het onlangs danksy die MSIKA-projek met ’n Malawiese tabakmaatskappy kragte saamgesnoer. Daardeur word sowat 3 000 kleinboere met raad en daad ondersteun oor hoe om hoë-waarde gewasse te begin plant.

Die US sal die wetenskaplike en tegnologiese bene van die M-CAT-projek ondersteun. Relevante landboukundige, meteorologiese en geologiese data wat in Malawi ingesamel word, word deur navorsers van die departement landbou-ekonomie ontleed.

Die Universiteit van Minnesota sal die US hierin ondersteun.

Volgens Brink sal die projek ook aan meer Malawiese studente die kans gee om aan die US te studeer.

Hulle sal aanvanklik navorsing doen oor Malawiese landbou-ekonomiese aangeleenthede en verwante velde.

Dit sal uitgebrei kan word sodra spesifieke gewasse en produkte geïdentifiseer is wat geskik kan wees om die Malawiese ekonomie te ondersteun.

“Studente sal ook kans kry om ’n paar maande lank by een van ons vennoot-instellings, die Universiteit van Minnesota, te bestee,” voeg hy by. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%