Maike maak Namibië trots

'n Topvlak byeenkoms in Europa het as haar eerste kompetisietoets in bykans twee jaar gedien.
Tielman van Lill
Die roeier en Olimpiese kwalifiseerder Maike Diekmann het die afgelope naweek by die internasionale Paolo D'Aloja-gedenkbyeenkoms by die Piediluco-meer in Italië twee silwermedaljes vir Namibië gewen.

Diekmann was bykans twee jaar laas by 'n internasionale kompetisie in aksie.

Sy vertel: “Dit was my eerste resies sedert die 2019 wêreldkampioenskap in Oostenryk. Vir my was dit belangrik om te sien of al die oefening op my eie tydens Covid-inperkings vrugte afgewerp het en te bepaal waar ek staan.

“Dit het goed gevoel om weer by die wegspringstreep gereed te wees, maar ek kon voel my liggaam en verstand is nog nie heeltemal ingeskakel vir die resies nie.

“Ek het Vrydagnamiddag my uitdun gewen, wat die toekenning van bane vir die A- of B-finaal Saterdagoggend bepaal het.

“In die finaal kon ek nie dadelik my ritme vind nie en die Italianer Veronica Lisi het in die eerste 1000 meter die voortou geneem. Ek moes haar inhaal, maar ondanks 'n verbete poging na die eindstreep kon ek net 'n paar sekondes inhaal en loop die goud mis met slegs 0.20 sekondes verskil.

“Lisi was eerste in 8 minute 15.57 sekondes en ek was tweede in 8:15.77.

“Dit was nie lekker om so nael­skraap die knie te buig nie, maar ek het besef ek het foute in die resies begaan. Nogtans was dit lekker om op die podium te staan en silwer vir Namibië te ontvang.

“Vir die tweede kompetisie Sondagoggend was daar minder deelnemers, met 'n paar nuwe name van die Italiaanse Roeifederasie. Vir my was dit nog 'n kans om 'n goeie resies te hê en op my vorige vertoning te verbeter.

“Die belangrikste vir my was dat ek verbetering wou sien met die wete dat ek my beste gelewer het en die klein tegniese foute uitskakel wat ek gedurende die eerste finaal gemaak het.

“Dié keer het ek 'n veel beter resies gehad. My eerste 1000 m was uitstekend, met goeie hale en ritme om die voortou te neem.

“'n Italianer, Clara Guerra, het my egter kort ná 1000 m verbygesteek en enduit voor geroei om te wen, vir my tweede silwermedalje.

“In professionele sport is dit maklik om soms perspektief te verloor. Die druk wat jy op jouself plaas, is kwaai, wat natuurlik deel van elite sport is, maar as jy nie die genot kan ervaar en onthou hoekom jy roeisport beoefen nie, beteken 'n skaflike uitslag min en voel jy leeg.

“Hierdie regatta het my opnuut hierdie waarheid laat besef. Ek is dankbaar en opgewonde om te kan huis toe keer met 'n silwermedalje vir myself en vir Namibië.

“Dit was regtig belangrik vir my om aan die byeenkoms deel te neem, want die tydperk tydens Covid wat sonder enige kompetisie verstryk het, was hopeloos te lank vir my.

“My volgende kompetisie is nog nie bevestig nie, maar ek sal wel aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap op Saterdag 1 Mei deelneem. Ek beplan om by die Wêreldbeker 2-byeenkoms in Luzern, Switserland, te kompeteer en moontlik ook die Wêreldbeker 3-kompetisie in Saubaudia, Italië, maar dit moet weens finansiële uitdagings nog bevestig word.”

Diekmann het van 11 tot 18 April 'n oefenkamp in Piediluco bygewoon wat deur Wêreldroei saam met die Italiaanse Roeifederasie aangebied was.

Sewe Afrika-nasies was as deel van Wêreldroei se ontwikkelingsprogram genooi na die oefenkamp op die Lago di Piedilco-meer, waar die regatta ook aangebied is.

Diekmann bedank haar borg en haar Suid-Afrikaanse afrigter, Grant Dodds. “My dank aan Wêreldroei; hul steun die afgelope paar jaar ter voorbereiding op die 2021 Olimpiese Spele in Tokio was baie belangrik.

“Ek wil ook graag die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee asook die Janine en Suzelle Davin-sporttrust bedank wat my ondersteun het,” het Diekmann gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%