Magda Wierzycka maan  oor nadele van IMF-hulp
Magda Wierzycka maan oor nadele van IMF-hulp

Magda Wierzycka maan oor nadele van IMF-hulp

Sygnia se uitvoerende hoof sê die voorbeeld van Griekeland wys baie duidelik die nadele van so 'n stap.
Hanlie Stadler



Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van Sygnia, sê Suid-Afrika moet alles moontlik doen om 'n lening deur die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) af te weer.

Sy sê die voorbeeld van Griekeland wys baie duidelik die nadele van so 'n stap. “Dis eenvoudig. Besuiniging wat deur die IMF opgedwing is, het ekonomiese groei beskadig, lone laat daal, werkloosheid laat styg en belastinginkomste verminder, wat dit moeilik maak om skuld terug te betaal en 'n land te bestuur.”

Wierzycka sê 'n jaar gelede, toe sy die eerste keer geskryf het oor die moont­like uitwerking van 'n IMF-hulppakket op Suid-Afrika, is sy beskou as alarmisties omdat dit onwaarskynlik gelyk het.

“Die afgelope paar weke word die IMF gereeld genoem. Ek het my artikel afgestof en publiseer dit nou weer sodat almal die implikasies van 'n IMF-hulppakket kan verstaan.”

Die sakeliggaam Besigheidseenheid Suid-Afrika het Dinsdag gemaan dat die regering sy eie reddingsboei by die IMF sal moet bedel as hy nie die ­Eskom-krisis beter bestuur nie.

Peter Attard Montalto, hoof van ­kapitaalmarknavorsing van Intellidex, reken egter die regering kan nog baie stappe doen om 'n IMF-lening af te weer.

Bowendien reken hy die regering is polities gesproke redelik allergies vir hulp van die IMF.

Die Griekse skuldkrisis het ontstaan in die nadraai van die finansiële krisis van 2007-'08. Griekeland se begrotingstekort het in 2009 opgeskiet tot 15% van sy bruto binnelandse produk, terwyl die eurogebied 3% as maksimum stel.

Ná vrese dat die land nie sy skuld kan terugbetaal nie, het beleggers geweier om nog staatseffekte te koop. Sonder toegang tot nog skuld, moes Griekeland by die eurogebied aanklop.

In 'n poging om die eurogebied self te stabiliseer, het Duitsland, wie se banke die meeste Griekse staats­effekte besit het, die IMF en die Euro­pese Sentrale Bank 'n hulp­pakket saamgestel.

Die voorwaardes vir die lenings – uiteindelik meer as €320 miljard – het ingesluit privatisering van staatsondernemings, die verlaging van staatspensioene en lone, en die verkleining van die staatsdiens.

“Daar was dramatiese tonele soos wat mense betoog het, die regering verander het, banke 'n ruk lank gesluit het, voorwaardes keer op keer heronderhandel is,” skryf Wierzycka.

Verskeie krediteure moes aanvaar dat tot die helfte van die geld wat aan hulle geskuld is, afgeskryf word. ­Belasting is 12 keer verhoog.

Onder die syfers wat Wierzycka uitlig, is:

• 5 jaar: Hoe lank Griekeland se resessie vanaf 2010 geduur het. Dit is die langste resessie van enige gevorderde ekonomie sedert die Groot Depressie.

• -26%: Ekonomiese groei in 2014, die ergste inkrimping in die vyf jaar.

• 25%: Werkloosheid het van minder as 10% tot meer as 25% gestyg.

• 44%: Die persentasie Grieke wat minder as die bestaansminimum verdien het.

• 70%: Die hoogste koers vir persoonlike inkomstebelasting.

• 23%: Die land se belasting op ­toegevoegde waarde.

Wierzycka sluit af met: “Suid-Afrika moet oppas – hier is drake.”

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.51/OZ DOWN -0.0044 | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0079 | Zinc US$ 2 973.00/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 1 062.90/OZ DOWN -0.0065 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.51/OZ DOWN -0.0044 | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0079 | Zinc US$ 2 973.00/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 1 062.90/OZ DOWN -0.0065