Mag nie dit nie, en ook nie dat nie
Mag nie dit nie, en ook nie dat nie

Mag nie dit nie, en ook nie dat nie

Dani Booysen
HARTSREBEL SKRYF:

Voor my geboorte het die dokter gesê dit mag nie 'n normale geboorte wees nie, dit moet 'n keisersnee wees.

Tydens babatyd mag ek nie teen die goed opgeklim het nie en mag nie toktokkies en slakke in my mond prop nie. Toe ek tiener was, mag ek nie dit nie en moet ek dat doen, so nie word my sakgeld gestop. Op hoërskool is ek met wiskunde en Afrikaanse boeke gegooi, want ek mag nie dit doen of dat doen nie.

Weermagtyd is ek rondgejaag deur mense met range, want ek mag nie dit of dat doen nie, ek moet doen wat hulle sê.

Toe ek getroud is, moes ek net dit doen en mag nie saam met Jan gaan darts speel nie, want sy like hom nie.

By die werk moet ek dit doen en mag nie dat doen nie, anders word ek 'n warning gegee.

Met die lockdown mag ek nie dit of dat doen nie en by die winkel net dieselfde. Jy moet in 'n ry staan en mag nie dit nie. Dan word jy nog bespuit ook.

Kan of mag ek ná die lockdown groot, groot asseblief net doen wat ek wil doen vir 'n slag?

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer