Madagaskar-span 'n gunsteling
Tennis
Andrew Poolman
Met die enkelspeltoernooi wat gister afgehandel is, verskuif Namibië as gasheerspan se aandag nou om sy merk te maak in die spankompetisie van die onder 14 en o.16 ITF Suider-Afrika tennistoernooi in Windhoek.
Die beste-uit-drie wedstryde begin vandag by die Sentraal-bane in Olympia, met twee enkelspel- en een dubbelwedstryd waarmee die seuns en meisies die punte vir hul nasionale spanne kan aanteken.
Afgesien van Namibië was elf ander Afrika-lande se spelers die afgelope week in Windhoek in aksie, naamlik Angola, Botswana, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Suid-Afrika, Swaziland, Zambië en Zimbabwe.
Die spankompetisie word op ’n rondomtaliegrondslag beslis, met ’n land wat minstens twee uit die wedstryde teen enige opponent moet wen om die punte vir dié rondte te beklink.
Die enkele ligpunt vandeesweek vir Namibië in die enkelspel was die vertoning van Connor van Schalkwyk in sy eerste ernstige toernooi in sy nuwe o.16-ouderdomsklas, nadat hy verlede jaar as die topgekeurde o.14-speler op die vasteland afgesluit het.
Van Schalkwyk (vierde gekeur) het gister sy uitspeelwedstryd vir die bronsmedalje met 6-4, 6-0 teen Connor Kruger (nr. 3) gewen.
Dit was ’n goeie troos nadat hy die vorige dag sy semifinaal teen Carl Roothman (nr. 2) van Suid-Afrika verloor het.
Roothman het gister die o.16 seunseindstryd met 1-6, 6-2, 10-7 teen die eerste gekeurde Toky Ranaivo van Madagaskar verloor.
Die uitslae van gister se ander enkelspel-eindstryde:
Seuns onder 14: Denzel Seetso (1, Botswana) teen Benedict Badza (2, Zimbabwe).
Meisies onder 14: Miotisoa Rasendra (2, Madagaskar) teen Maholy Razakakiaina (3, Madagaskar)
Meisies onder 16: Kelly Arends (4, RSA) teen Rufaro Magarira (2 Zimbabwe).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie