Macbeth, die bokkombrigade en kreef
Jo-Maré Duddy - “Hulle dis vir ons rooi-aas as kreef op. Jare lank al.”
Seg Magriet waar sy in die snikhete skemer bitterbek aan glasie goedkoop, suur bokswyn sluk.
Gatvol ná ‘n lang dag, keelvol ná nóg ‘n resessiejaar, moerig ná nóg koerantvoorblaaie vol korrupsie-aantygings met ‘n regering wat beswaarlik ‘n amptelike wenkbrou lig.
“Die bokkombrigade,” brom sy. “Met boeppens marsbankerkwotas al die pad bank toe gelag terwyl ons brood met kleingeld moet koop.”
Die lyne om haar mond keep dieper as sy nog ‘n slukkie gal afwurg.
“Blerrie sleg, maar ‘n mens mag mos nie met ‘n halwe doos wyn onder die arm kla nie. Nie in hierdie land van melk en heuning nie.”
Ek kan net instemmend gal braak: “Wie het nou weer gesê: ‘Power corrupts and absolute power corrupts absolutely?’”
“Shakespeare? Wetie, maak ook nie saak nie,” frons Meraai. “Kon net sowel Macbeth van Mariental gewees het.”
Ek’t ‘n wrang smaak in my mond. Nie net van die wyn nie, maar ook van die bohaai onlangs in ‘n supermark toe ‘n vrou betrap is waar sy glo ‘n brood en ‘n blikkie vis probeer steel het. Dit was net veiligheidswagte waar jy kyk. ‘n Babelse ge-uitjouery.
Sy’s in ‘n vangwa daar weg. Die Here weet wat haar kinders dié aand geëet het.
Maar van aantygings van miljoene waarmee ministers se palms glo gevisolie is en waarvan die owerhede toeka al weet, kom niks. Hulle mag bedank, in hul luukse karre klim en na hul huise op Skuldbult ry.
Ek twyfel of hulle snags nagmerries onder hul vereduvets kry oor maatskappye wat weens té klein viskwotas gevou het. Mense wat hul werk verloor het.
“Ons leiers is ruggraatloos,” sug ek. “Visgraatloos,” help Griet my reg. “Die enigste graat waaroor hulle beskik, is daai een wat in jou keel vassteek.”
“Pap snoeke, die hele spul van hulle,” sê ek en skink nog ‘n knertsie suur druiwe. Skepties oor of die verkiesingsgolf die gety gaan verander.
Bykans drie dekades van opposisiepartye het my op moedverloor se vlakte gelaat. Om nie van die politieke swaargewigte se beloftes te praat nie.
Elke verkiesingsveldtog word uitkoms plegtig onderneem. Meer werk, meer huise, skole en hospitale. Beloftes van korrupsie wat uitgeroei gaan word. Beter lewens vir almal.
Maar sodra almal knus in hul parlementstoele sit en slaap, word kiesers vergeet. Is dit elkeen vir homself en die duiwel vir ons almal.
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. Behalwe vir die prys van bokswyn.
“Tjorts!” sê ek vir Grieta.
“Op die paddaprins, patriote en die gepeupel!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie