Maatskaplike werker verkrag glo minderjarige
Maatskaplike werker verkrag glo minderjarige

Maatskaplike werker verkrag glo minderjarige

Benewens ’n maatskaplike werker wat verlede week in hegtenis geneem is vir die verkragting van ’n minderjarige meisie, is vier jong meisies na bewering die naweek in Namibië verkrag.
Kristien Kruger
Ronelle Rademeyer en Kenya Kambowe – ‘n Maatskaplike werker (42) is verlede week in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n 16-jarige meisie verkrag en swanger gemaak het.

Die minderjarige meisie is aan hom toevertrou vir berading nadat sy op 14 ook verkrag is en swanger geraak het.

Mnr. Markus Nairenge Kaundu is op N$5 000 se borgtog vrygelaat nadat hy Woensdag in die rondgaande hof op Kahenge voor landdros Barry Mufana verskyn het.

Die meisie se voog het nie beswaar aangeteken toe borgtog toegestaan is nie.

Volgens die voorlopige polisieondersoek het Kaundu die meisie tussen November 2020 en Mei vanjaar verkrag. Die voorval is in Augustus aangemeld en hy is verlede Dinsdag op Nkurenkuru in hegtenis geneem. Volgens die polisie ontken hy alle aantygings teen hom.

Die meisie is van die Mutengo- informele nedersetting. Kaundu is glo ’n maatskaplike werkers by die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn. Sy saak is tot 12 Januarie 2022 uitgestel.

VIER MEISIES VERKRAG

Intussen is vier jong meisies na bewering die naweek in Namibië verkrag.

Volgens die polisie se verslag van misdade wat die naweek aangemeld is, word die verkragtings van meisies van onderskeidelik 10, 12, 16 en 17 jaar oud ondersoek.

Die tienjarige meisie is na bewering Vrydagmiddag ná skool by die Omahenge-nedersetting naby Ongha in die Ohangwenastreek verkrag toe ’n man haar glo op pad huis toe genader het en sy hom na die mahangu-landery gevolg het.

Die tweede verkragting het om elfuur Vrydagnag by ’n woonstelblok op Gobabis plaasgevind toe die 12-jarige meisie na bewering deur haar broer verkrag is waar sy voor die TV aan die slaap geraak het.

’n Paar ure later is twee meisies van 16 en 17 jaar na bewering deur twee mans verkrag nadat hulle by Blok B op Rehoboth deur die mans voorgekeer en vir geld gevra is. Die mans het hulle met messe gedreig en hulle beveel om na Blok E te loop waar hulle die meisies glo naby die Vooruitsig Laerskool verkrag het.

Al drie dié voorvalle word nog deur die polisie ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

KINDERVERKRAGTING ‘NASIONALE KRISIS’

Me. Veronica Theron, geslags- en kinderbeskermingspesialis verbonde aan die kantoor van die presidentsvrou, het gister gesê "kinderverkragting in Namibië bly 'n nasionale krisis, maar word nie so behandel nie."

Sy het gesê as die beweerde verkragting van die minderjarige meisie deur die maatskaplike werker waar is, moet daar onmiddellike ingrypings vir haar welstand gedoen word.

“Die veelvuldige trauma en langtermyngevolge van die beweerde mishandeling en uitbuiting moet in ag geneem word en die betrokke kind moet gehelp word deur iemand wat sy kan vertrou. Afgesien van psigomaatskaplike ondersteuning, moet die kind behoorlik vir hofverrigtinge voorberei word om die sekondêre trauma wat hofverhore kan veroorsaak, te verminder.”

Sy sê die ministerie moet in die belang van die meisie optree en haar behoeftes vasstel en ’n ervare maatskaplike werker vir haar aanwys om haar saak te hanteer.

TEIKENS IS KWESBARE KINDERS

Sy het beklemtoon in die meerderheid van kinderverkragtingsake in Namibië, is die oortreders aan die slagoffers bekend en gebruik hulle hul vertrouensposisies om “onskuldige, kwesbare kinders” te misbruik.

Theron het gesê persone wat toevertrou is om kwesbare minderjariges te versorg, dikwels hul vertrouensposisie misbruik. Hulle vra soms seksuele gunsies in ruil om minderjariges finansieel by te staan.

Sy het benadruk dat persone wat aangestel word om met kinders te werk, voor werwing deeglik ondersoek moet word, veral omdat hulle vertrou word om met kwesbare kinders te werk.

"Maatskaplike werk word gesien as 'n helpende beroep; dit is waar ons kinders in gevaar en kinders wat beskerming benodig na verwys."

Republikein se susterkoerant Namibian Sun het voorheen berig sowat 554 leerlinge van skole in die Kavango-Wesstreek, waarvan die jongste 12 jaar oud is, het in 2020 swanger geraak het.
[email protected]

FOTO
Die vermeende verkragter, mnr. Markus Nairenge Kaundu. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A