Maatskaplike impak van droogte gemeet
Duitse navorsers het 'n metode ontwikkel om die droogte se impak op die Cuvelai-gebied te bepaal.
Elvira Hattingh - Droogtetoestande in Namibië en Angola is deur die navorsers van die Instituut vir Sosio-Ekologiese Navorsing (ISOE) gebruik om 'n nuwe instrument te ontwikkel wat ook die maatskaplike impak van droogtes meet.
Die Gemengde Droogte-indeks (BDI), wat spesifiek vir die Cuvelai-gebied ontwikkel is, dek dus nie net die konvensionele omgewingsparameters vir droogte nie. Dit neem ook verskeie aanwysers vir reënneerslae, evapotranspirasie, grondtoestande en die toestand van plantegroei in ag.
In ‘n dokument genaamd “Geïntegreerde reaksie op droogterisiko's in Namibië en Angola”, bied die Duitse navorsers Stefan Liehr en Robert Luetkemeier ‘n oorsig van hul voorstelle vir geïntegreerde maatreëls.
Dié maatreëls kan help om droogterisiko's te verminder.
Die navorsers sê klimaatsverandering sal waarskynlik die verwoestende uitwerking van droogtes in Suider-Afrika vererger, veral aangesien rekorddroogtes na verwagting meer gereeld sal voorkom.
Hulle stel onder meer voor dat die oorgrens- Cuvelai-gebied ‘n geïntegreerde, transnasionale droogte-inligtingstelsel behoort te hê wat data oor beide natuurlike gevare, asook maatskaplike kwesbaarhede bevat.
“Alleenlik só ‘n geïntegreerde perspektief sal regerings help om gepaste verligtings- en aanpassingsmaatreëls te ontwerp,” meen die navorsers.
Verder moet doeltreffende watergebruik, asook gelokaliseerde waterbuffers verbeter word.
“Dit behels die opvang van reënwater en hergebruik van water, wat die bevolking se kwesbaarheid teenoor droogtes kan verminder,” het die navorsers geskryf.
Hulle is ook van mening dat pogings om landelike dele te ontwikkel, verder as tegnologiese ingrypings moet strek en gemeenskappe moet help met waterbestuur en landbouproduksie. Die doel hiervan is om mense se lewensbestaan en bronne van inkomste van reënsyfers te “ontkoppel”, sê die navorsers.
Vir die suksesvolle bekamping van en aanpassing tot droogtes, moet kernparameters vir droogterisiko’s voortdurend gemonitor word.
“Verskeie kern-ingrypingsmetodes moet oorweeg word wat die bevolking se sensitiwiteit vir droogtes sal verminder en hul vermoë sal verbeter om daarby aan te pas,” het die navorsers gesê.
Van die metodes sluit byvoorbeeld in om tradisionele waterbronne teen besoedeling te beskerm, om gedesentraliseerde watersuiweringstegnieke te verskaf, om mense se boerderyvaardighede te verbeter, om die sentrale waterverskaffingskema uit te brei, asook gepaste onderrig.
Die navorsers is van mening dat konvensionele droogteopnames nie meer voldoende is nie omdat dit slegs op ekonomiese parameters fokus en maatskaplike kwesbaarhede ignoreer.
“Geintegreerde strategieë is nodig om holistiese droogteopnames te doen waardeur gepaste oplossings gevind kan word om beide water- en voedselsekuriteit te verseker,” het die navorsers geskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie