Maamberua vra dag om volksmoord te herdenk
Estelle de Bruyn
Die president van Swanu, mnr. Usutuaije Maamberua, het gister in die Nasionale Vergadering (NV) kennis gegee dat hy Dinsdag ’n mosie sal indien om ’n spesiale dag op die kalender af te sonder om die volksmoord van 1904 tot 1907 te herdenk.
Hy wil hê die NV moet met die gemeenskappe wat deur die volksmoord geraak is, beraadslaag om ’n dag te bepaal om die tragiese gebeure tydens die Duitse koloniale era te herdenk.
Die volksmoord is gekenmerk deur wydverspreide sterftes deur menseslagting asook dood deur hongersnood en ontwatering.
In 1985 het die Verenigde Nasies se Whitaker-verslag getoon dat die nadraai van die koloniale oorlog tussen die Duitse troepe en veral die OvaHerero- en Nama-bevolkingsgroep ’n poging was om hierdie groepe uit te wis.
Dit word gevolglik beskou as een van die eerste pogings om ’n volksmoord in die 20ste eeu te pleeg.
In 2004 het die Duitse regering die gebeure aan die begin van die 20ste eeu erken en om verskoning gevra, maar nie toegegee aan eise vir die betaling van vergoeding aan die nasate van die slagoffers nie.
Die Duitse regering verseg ook om die gebeure ’n “volksmoord” of “deel van ’n rasse-oorlog” te noem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie