Maak ons trots by WB, sê Geingob
Rugby
Andrew Poolman - Al sy opponente moet seker skrikkerig wees vir die Namibiese rugbyspan. Watter ander rede is daar dat Namibië oënskynlik altyd in die moeilikste groep by die Wêreldbeker beland?
Só het president Hage Geingob gister geskerts toe die nasionale span van 31 spelers en 16 bestuurslede gister vir oulaas 'n welwillendheidsbesoek by Staatshuis afgelê het.
Dit was een van verskeie laaste afsprake vir die dag vir die Wêreldbeker-groep, voordat hulle vroeg Donderdagoggend op hul reis na die toernooi in Japan vertrek.
“Ek was twee weke gelede in Japan. Hulle sê hulle wag vir julle. Mense weet die Namibiërs is op pad en dat ons span altyd dapper mededingers is met die wie Springbokke, die All Blacks, Italië en Kanada moet rekening hou,” het die staatshoof gesê.
Geingob het die spelers aangemoedig dat 'n verloorwedstryd nie die einde van die wêreld is nie.
“Namibië is 'n groot land, met 'n klein bevolking. By die Wêreldbeker is ons die buiteperd, met niks om te verloor nie. Julle kan dus uitgaan en alles gee om 'n verrassing te lewer.
“Wen of verloor, gaan maak ons trots. Julle gedrag op en van die speelveld word dopgehou en ons bid dat julle gesond en veilig terugkeer.”
Die president van die Namibië Rugby-unie, mnr. Corrie Mensah, het gesê die span is vasbeslote om so mededingend as menslik moontlik te wees.
“Ons wil beslis vir die groot spanne 'n paar moeilike vrae gaan vra.
“Hierdie is seker die jongste groep spelers wat Namibië nóg na 'n Wêreldbeker gestuur het (gemiddelde ouderdom 26).
“In terme van transformasie is die verdeling 50-50 tussen wit en spelers van kleur. Maar ons gaan eensgesind, soos broers wat saam na die oorlogsveld op pad is.
“Die boodskap wat die president van Rugby Afrika (mnr. Khaled Babbou van Tunisië) aan my oorgedra het, is dat hulle ten volle trots en ondersteunend is om Namibië by die Wêreldbeker te sien.
REGERING GEE VIR TOER
“Die Namibië Rugby-unie het waardering vir die regering se ondersteuning aan die nasionale span oor die laaste vier jaar, asook vir al die land se vorige Wêreldbekerspanne.”
Die regering, deur middel van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, het onthul dat N$13.7 miljoen aan die Namibiese Wêreldbekergroep toegeken is.
Soos gebruiklik is die betaling van salarisse aan die spelers en personeel vir die Wêreldbeker-periode die verantwoordelikheid van die regering, eerder as die borge wat normaalweg deur die loop van die seisoen hierdie taak opneem.
Mensah was gister huiwerig om meer besonderhede te deel oor hoe die regering se geld verdeel word.
“(So 'n bekendmaking) sal net aanleiding tot omstredenheid gee. Ons het wel duidelike riglyne ontvang op grond waarvan ons spesifiek verslag moet doen en terugvoering gee.”
JAPAN LÊ EN WAG
Kort ná Staatshuis het die rugbygroep ook 'n welwillendheidsbesoek aan die Japanse ambassadeurswoning in Windhoek afgelê.
Die WB-gasheerland se ambassadeur, mnr. Hideaki Harada, het in sy kort toespraak gesê hy was geraak toe hy tydens 'n besoek aan die rugbystadion ingelig is dat vele van die Namibiese spanlede werkende amateurs is wat nogtans op professionele vlak meeding.
“Om saans ná werk só aan te hou oefen, wys 'n sterk vasberadenheid.
“Die tweede storie wat my bybly, is hoe die Welwitschia-plant na wie jul span vernoem is, vir 'n duisend jaar in die onherbergsame woestyn kan aanpas en oorleef. Hierdie gees sal Namibië handig te pas kom in die moeilike groep waarin julle speel.
“Ondersteuners vir julle span wag in Japan. Ek sal graag wil sien dat julle met die Japanse mense kuier en ons kultuur ondervind. Ek wens julle 'n suksesvolle en merkwaardige toer toe.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie