Maak of breek vir Warriors
Sokker
Tielman van Lill – Indien die Brave Warriors môreaand in Limbe sy tweede wedstryd (uit drie in groep D) by die Afrika-Nasieskampioenskap verloor, kan Bobby Samaria en sy spelers maar solank hul tasse begin pak.
Of Samaria, hoofafrigter, sy spelers betyds gereed sal kry om Tanzanië by die Limbe-stadion in Kameroen slae te gee, is ’n ope vraag.
Die Taifa Stars onder bestuur van Etienne Ndayiragije as hoofafrigter speel eweneens om oorlewing nadat sy jong span Dinsdag met 2-0 deur Zambië se Chipolopolo met die kous oor die kop huis gestuur is.
Ndayiragije het gehoop senior spelers soos Shomari Salum, Erasto Edward Nyoni en Aishi Salum Manula sal die nodige vonk teen Zambië verskaf.
John Raphael Bocco, gesoute nommer een aanvaller van Tanzanië wat nie teen Zambië gespeel het nie, kan moontlik van sy besering herstel het om teen Namibië losgelaat te word.
Of Samaria aan sy span gaan karring wat Dinsdagaand met 0-3 teen Guinee verloor het, is tans ’n geheim. Leunstoelkenners wil hê dat Samaria eerder ’n 4-3-3-formasie inspan om die Warriors meer slaankrag op die aanval te gee. Die Namibiërs sal nie net op die aanval skerp moet wees nie, maar hul twyfelagtige en halfhartige verdediging sal reggeruk moet word.
Drie Namibiese verdedigers voor ’n enkele aanvaller van Guinee, kon Dinsdag nie verhoed dat Morlaye Sylla met die grootste gemak ’n doelskop verby doelwagter Edward Maova stuur om sy span se tweede treffer aan te teken nie.
Dit sal wonderlik wees indien die Warriors Saterdagaand as oorwinnaar van die veld kan stap, want dit sal hul kanse lewendig hou. Maar dan sal Guinee Saterdag teen Zambië, asook in sy laaste wedstryd teen Tanzanië moet vasval. Guinee spog tans met drie punte en doele boaan groep D, met Zambië tweede (2 doele), Tanzanië derde (0 doele, 2 teen) en Namibië laaste (3 teen).
Indien die Warriors daarin sou slaag om tweede saam met ’n ander span te eindig, sal die drie doele teen hulle tel. Samaria se aanvallers sal nie net die volgende twee botsings moet wen nie, maar oor die doele-agterstand moet uitwis.
Die span teen Guinee was: Edward Maova (doelwagter), Aprocius Petrus, Emilio Martin, Vitapi Ngaruka, Ivan Kamberipa, Dynamo Fredericks, Imanuel Heita, Ambrosius Amseb, Marcel Papama, Absalom Iimbondi, Elmo Kambindu.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie