Maak gestremdes deel van hoofstroom
Dit is van uiterste belang dat almal betrokke raak om mense wat met gestremdhede saamleef, deel van die hoofstroom te maak, sê die adjunk- inwonende verteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP), mnr. Armstrong Alexis.
Alexis, aan die woord tydens die tweede kwartaallikse ontmoeting van die Nasionale Gestremdheidsforum, het gesê dit is ’n kritieke verpligting om die regte van persone met gestremdhede te verseker, waardigheid te verleen en ’n omgewing te skep waarin hulle ’n vervulde lewe kan lei.
“Elke persoon, hetsy of hulle alleen optree, as ’n verteenwoordiger van die openbare of private sektor of as ’n woordvoerder, moet hul deel doen. Elkeen het ’n verantwoordelikheid om te verseker geen persoon wat met gestremdhede saamleef, word agtergelaat nie,” het hy gesê.
Volgens hom word mense met gestremdhede dikwels oorgesien en as tweedeklas burgers behandel. Die forum kan egter aan mense met gestremdhede ’n stem gee en die geleentheid bied om gehoor te word.
“Dit verseker ook dat in hul behoeftes op psigo-maatskaplike, ekonomiese, gesondheids-, opvoedkundige en ook op alle ander vlakke voldoen word,” het hy gesê.
Volgens hom bly die UNDP daartoe verbind om te verseker geen kind of volwassene met gestremdhede word uit enige ontwikkelingsproses gelaat nie.
“Elke individu moet met waardigheid en regverdigheid behandel word wat hom of haar in staat stel om sy grootste potensiaal te verwesenlik. Ek moedig daarom elkeen op die forum aan om hul pogings opnuut te verdubbel en gestremdheid ’n onderwerp te maak wat in die oopte is en sodoende mense met gestremdhede nader na die middelpunt van ontwikkeling te bring.”
By dieselfde geleentheid het die direkteur en koördineerder in die direktoraat vir gemarginaliseerde gemeenskappe en aangeleenthede vir gestremdes in die presidensie, me. Niita Ipinge, beklemtoon die Namibiese regering is verbind tot die verbetering van die lewensgehalte van gestremdes.
“Kom ons bly binne ons organisasies daartoe verbind om seker te maak ons programme, van strategiese tot implementeringsvlak, is inklusief vir mense met gestremdhede,” het Iipinge gesê.
Die Nasionale Gestremdheidsforum is in Julie vanjaar in die lewe geroep om rolspelers met belange of pligte rakende die regte van mense met gestremdhede byeen te bring en ingrypings van die regering te bevorder en te ondersteun vir die implementering van beleidsrigtings, strategieë en programme. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie