Ma word gesoek
Ma word gesoek

Ma word gesoek

Henriette Lamprecht
Mnr. Sydney Walter (30) vra die hulp van die publiek om sy ma, die 59-jarige me. Sophia Walter, op te spoor. Sy is op 19 Mei laas by hul huis in die Goreangab-nedersetting gesien waar sy met 'n 2 literhouer weg is om tombo te gaan koop. Sy is die Saterdag (22 Mei) weer by die Otjimuise-polisiekantoor gesien. Volgens Walter, 'n sekuriteitswag en enigste broodwinner in die gesin, was sy egter weer weg toe hy om 19:00 van sy skof terugkeer.

Sy ma is amptelik die Maandag as vermis aangeteken. Volgens Sydney is Walter die ma van vier seuns waarvan hy die oudste is. Hy is nou verantwoordelik vir die hele huisgesin wat uit agt persone bestaan. Net Sydney het 'n identiteitsdokument, wat die res van die huishouding uitsluit van enige maatskaplike toelaes. Walter is oorspronklik van Gobabis, maar woon reeds vir jare op Rehoboth waar haar kinders gebore is. Sy het vroeër vanjaar op Sydney se versoek Windhoek toe getrek. Enige persoon met inligting oor sy ma, kan vir Sydney by 081 869 3956 skakel.

Kommentaar

Republikein 2025-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer