Ma wat swaarkry ken, vat voor
Tanja Bause – “Ek weet hoe dit voel om met net 'n N$20-noot in jou beursie te sit terwyl jou baba huil omdat sy melk en doeke benodig. Ek was daar en verstaan dat mammas soms 'n helpende hand nodig het van iemand wat help sonder om te oordeel,” sê me. Elodine Cloete van Rehoboth.
“Ek het eendag 'n Facebook-boodskap van 'n ma ontvang wat om hulp gevra het. Dit was baie vreemd, omdat ons glad nie vriende is of mekaar ken nie. Sy het vir melk gevra en ek het besluit ek kan help en het dit gedoen.”
Al hoe meer versoeke van ma's vir veral melk en doeke het ingekom en Cloete het gevolglik 'n Facebook-blad (Rehoboth Mommies in Need) hiervoor begin, omdat sy nie meer al die behoeftige vroue uit haar eie sak kon help nie.
Cloete is self 'n ma van 'n vyfjarige dogter en 'n jaaroue seun.
“Ek is 'n tuisbly-ma. Dit was 'n persoonlike besluit om by my kinders te bly en hulle groot te maak. Intussen is ek ook voltyds besig om die mammas te help.”
Sy het ses mammas en hul kinders vir wie sy voltyds sorg. Sy help hulle nie net met melk, doeke en ander bababenodighede nie, maar ook met ondersteuning. Die vroue kan vir Cloete dag of nag skakel as hulle hulp benodig. Hulle kan ook net by haar kom sit en gesels as hulle raad of net 'n blaaskans nodig het.
“Ek weet hoe dit is en voel as jy alleen is en almal jou verwerp. Ek was alleen met my dogter en dit is hoekom ek wil teruggee en ander vroue in dieselfde situasie wil help. In daai donker ure was dit vreemde mense wat my gehelp en my ondersteun het; dit was nie my familie nie.
“Wanneer jy alleen is en nie werk het nie en swaarkry, wil jy nie jou familie om hulp vra nie. Dit is net vernedering op vernedering.”
Volgens Cloete is daar 'n paar individue en net een besigheid van Rehoboth wat haar ondersteun.
“Die meeste steun kom van buite Rehoboth, terwyl die mammas in Rehoboth bly. Daar is gegoede mense in Rehoboth, maar hul harte en hande is toe. Rehoboth is 'n klein gemeenskap en dit is nie nodig dat mense in so 'n klein dorp so swaar kry nie. Kom ons help mekaar en maak 'n verskil waar ons kan.”
Mense wat graag wil help, kan op die Facebook-blad van Rehoboth Mommies in Need gaan inloer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie