Ma verwurg glo pasgebore baba

Sê sy wou kind net borsvoed

05 October 2020 | Howe
Leandrea Louw op Walvisbaai

Me. Eleotheria Kapuusha (22), wat daarvan beskuldig word dat sy haar dagoue babadogtertjie vermoor het, het Vrydag haar eerste verskyning in die Walvisbaaise landdroshof gemaak.

Landdros Rhivermo Williams het opdrag gegee dat die beskuldigde in aanhouding bly en het haar ingelig dat sy die reg tot regsverteenwoordiging het.

Kapuusha het aangedui dat sy aansoek om regshulp sal doen. Die saak is tot 5 November 2020 uitgestel en borgtog is teengestaan op grond van die erns van die beweerde oortreding en dat sy dalk met die ondersoek kan inmeng.

Die hoof van misdaadondersoeke vir die Erongostreek, adj. komm. Erastus Ikuyu, het in ’n misdaadverslag gesê die voorval het Dinsdag omstreeks 16:20 in die Walvisbaaise staatshospitaal plaasgevind.

“Die verdagte het die babadogtertjie met haar hande verwurg en in die proses ernstige skade aan die kind aangerig. Die baba het ongelukkig later dieselfde namiddag gesterf. Die baba is ná voltermyn swangerskap gebore.”

Terwyl sy gewag het om na die polisie se aanhoudingsel geneem te word, het Kapuusha glo gesê sy het bloot probeer om die baba te borsvoed.

“Ek het Maandag hospitaal toe gegaan, waar ek geboorte aan haar geskenk het. Ek het Dinsdag probeer om my baba te borsvoed en het in die proses my hande om die agterkant van haar nek geplaas. Toe sy aan my bors suig, het ek op die bed gaan lê.”

Volgens Kapuusha kon sy nie sien dat haar bors die baba se mond en neus toedruk nie. Volgens haar het dit gebeur omdat die baba te vroeg gebore is.

“Ná ’n rukkie het ek besef sy beweeg nie meer nie. Een van die vroue in die kamer het die verpleegsters geroep en hulle het vir my gesê my baba is dood.”

Kapuusha het aan Erongo 24/7 gesê sy is werkloos en dat die pa van die baba nie in haar lewe betrokke is nie.

Sy het gesê sy wil ook in die hof ’n vertaler tot haar beskikking hê omdat sy haarself nie voldoende in Engels kan uitdruk nie.

Op die vraag of sy daarvan bewus is dat sy van moord beskuldig word, het Kapuusha gesê: “Dit is nie oukei dat ek van moord verdink word nie.”

Ikuyu sê ’n nadoodse ondersoek sal binnekort op die baba uitgevoer word en die uitslag sal deel van die ondersoek vorm.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

9 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

9 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

9 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...