Ma verdwaas ná dogter se grudood
Die oorledene was glo spyt sy het ’n saak wat sy teen die beskuldigde aanhangig gemaak het, teruggetrek.
Maria Eiseb - Die vermoorde me. Lisina Aubes Harases, wat na bewering onlangs op Outjo vermoor is, se ma is verpletter.
Me. Esther ||Khamuxas (53), wie se dogter glo deur haar man, mnr. Stanley ‡Oseb, vermoor is, sê sy is stomgeslaan oor die dood van haar laatlammetjie.
||Khamuxas het gesê Aubes (soos sy onder geliefdes bekend gestaan het) was die gesin se broodwinner.
Volgens die gebroke ma het Aubes die “gewelddadige verhouding” dikwels met haar bespreek en is sy gereeld vermaan om dit te beëindig.
“Maar sy het nie. Hulle het mekaar gelos en mekaar dan weer teruggevat,” het sy gesê.
“Stanley wou nie verstaan dat die verhouding beëindig moet word nie,” het sy gesê.
Volgens haar was ‡Oseb ook onlangs in aanhouding, maar is die saak teen hom teruggetrek.
||Khamuxas het gesê sy het die dag voor haar dogter se dood nog met haar gesels.
Harases het toe glo gesê sy is spyt sy het die saak teen haar man teruggetrek en gesê hy agtervolg haar soggens werk toe.
“Ek het die Sondag nog vir haar gesê sy met versigtig wees. Die volgende dag is ek gebel en gesê Stanley het my kind doodgemaak.”
||Khamuxas sê sy weet nie wat haar te doen staan nie, sy laat alles aan die Here oor.
‡Oseb se ma, me.Veronica ‡Oses (61), het gesê sy is ook geskok en verdwaas.
“Ek is stomgeslaan en weet nie wat om te sê nie,” het sy aan Republikein gesê.
“Aubes was my skoondogter. Haar dogtertjie bly by my op die plaas. Toe ek hoor wat gebeur het, was ek heel verstom. Die kinders is nou ons verantwoordelikheid,” het sy gesê.
Me. Christine ||Khamuxas, Harases se oudste suster, by wie sy ten tyde van haar dood tuisgegaan het, het gesê: “Ons het die laaste Sondagaand nog om die vuur gekuier en daar was niks vreemds nie. Ons het lekker gesels en gelag, maar min het ons geweet . . . ”
Christine het gesê die familie was bewus van die beweerde mishandeling en het Harases glo gereeld aangeraai om die verhouding te beëindig.
“Ek haat hom. Ek glo nie ek sal hom weer in die oë kan kyk nie,” het sy gesê.
Harases laat drie kinders agter.
Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.
‡Oseb sal weer op 21 Junie in die landdroshof op Outjo verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie