Ma van vermoorde seuns getuig oor nagmerriedag
Ma van vermoorde seuns getuig oor nagmerriedag

Ma van vermoorde seuns getuig oor nagmerriedag

Die ma van twee kinders wat na bewering in April 2014 deur hul pa vermoor is, was gister in die getuiebank.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Me. Romilly Swartz het gister voor regter Dinnah Usiku in die Windhoek-hoërhof getuig oor die nagmerriegebeure wat aanleiding tot die beweerde moord op haar twee seuntjies gelei het.

Swartz het aan die hof vertel dat sy 'n SMS-boodskap van die pa van haar kinders, oudpolisiekonstabel Albertus !Ganeb, op 25 April 2014 ontvang het dat hy die sewejarige Tertius Romeo Shaun Swartz en die vierjarige Gregory O'Grady Holmes Swartz vermoor het.

“Jou kinders is dood, kom kyk as jy my nie glo nie” en later “Jy het jou kinders doodgemaak,” lui twee van die boodskappe wat !Ganeb op die noodlottige aand aan Swartz gestuur het.

!Ganeb (31) staan tereg op die moord op sy twee seuns op 25 April 2014 in Gobabis. Die oudste seuntjie het gesterf nadat hy vier keer met 'n mes gesteek is. Die jonger kind is ernstig beseer nadat hy ses keer met 'n mes gesteek is en het op 1 Mei 2014 gesterf.

!Ganeb word ook daarvan be­skuldig dat hy die twee seuntjies se moeder, me. Romilly Swartz, by twee geleenthede gedurende Oktober 2013 en gedurende 2014 aangerand het.

Swartz het aan die hof vertel !Ganeb het op die oggend van die moord die twee seuns saam met hom geneem en ook Swartz se selfoon afgevat, en aan haar gesê “die waarheid is in die foon”. Sy het getuig dat hy ontsteld was oor SMS-boodskappe wat sy van 'n vriend gekry het.

VREES VIR VEILIGHEID

Sy het getuig dat sy daardie oggend vir haar veiligheid begin vrees het.

“Ek het na sy gesig gekyk en ek was bang.” Sy het aan die hof vertel voordat sy daardie dag werk toe gegaan het, wou sy na die polisiekantoor gaan. !Ganeb het haar egter op pad daarheen voorgekeer en sy kon nie haar plan deurvoer nie. Sy het toe na !Ganeb se broer, mnr. Ignatius Kariseb, vir hulp gegaan. Sy het hom meegedeel dat !Ganeb glo gedreig het om haar en die seuns om die lewe te bring en Kariseb versoek om die kinders by !Ganeb te gaan haal.

Swartz het verder getuig dat sy dié dag ná werk vir !Ganeb se niggie, me. Venessa Naobes, gebel het om haar seuns by !Ganeb te gaan haal. Sy het ook vir Noabes vertel van !Ganeb se dreigemente om haar sowel as die kinders dood te maak. Naobes het vir Swartz gesê dat sy iemand sal stuur om die kinders te gaan haal.

Ná die gesprek het !Ganeb vir Swartz gebel en haar gevra om met haar kinders te praat. Tydens dié gesprek het haar kinders haar meegedeel dat hulle by die graf van hul oupa was.

Volgens Swartz het sy 'n ruk ná hierdie gesprek 'n teksboodskap van !Ganeb ontvang dat sy haar kinders moet kom haal en dat hy hulle doodgemaak het. Sy het die boodskap aan die polisie gewys wat toe 'n soektog na die kinders begin het, en die gru-ontdekking van die vermoorde ouer kind en die erg beseerde jongste een gemaak het.

Voor dié ontdekking is Swartz reeds deur die polisie na 'n hospitaal geneem om met 'n kalmeermiddel behandel te word. Sy het later die aand wakker geword en van die skokkende nuus oor die aanval op haar kinders gehoor.

'n Forensiese drukstuk van die SMS-boodskappe wat Swartz en !Ganeb voor die aanval aan mekaar gestuur het, is aan Swartz voorgelê vir haar getuienis. “Asseblief net my seuns – in die naam van die Here”, lui een boodskap van Swartz aan !Ganeb. “Sodat hy hulle nie moet doodmaak nie,” het sy aan die hof verduidelik.

Mnr. Boris Isaacks tree namens !Ganeb op en adv. Palmer Kumalo verteenwoordig die staat.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042