Ma van kleuter sterf in botsing
'n Vrou van Windhoek het Woensdagoggend in 'n botsing naby Staatshuis in die hoofstad gesterf. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, het die ongeluk omstreeks 06:20 op die hoek van Robert Mugaberylaan en Andimba Toivo-ya-Toivostraat plaasgevind.
Me. Brunhilde Förster (37) het in die ongeluk gesterf. Volgens Shikwambi het Förster se Volkswagen-kewer na bewering 'n bakkie probeer verbysteek, toe die voertuie gebots het. Förster was die ma van 'n seuntjie wat in Maart drie word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie