Ma, seun van Reho in hof nu00e1 tref-en-trap
Ma, seun van Reho in hof nu00e1 tref-en-trap

Ma, seun van Reho in hof ná tref-en-trap

Denver Kisting
Denver Kisting – ’n 45-jarige ma van Rehoboth verskyn na verwagting vandag saam met haar tienerseun in die landdroshof op dié dorp.
Dít kom nadat die 16-jarige seun glo laat Saterdagmiddag vir mnr. Gerhard van Rooi (56) in Blok B doodgery het.
Adj.komm. Eric Clay, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, sê die ma is aanvanklik weens die noodlottige ongeluk aangekeer.
Later het dit aan die lig gekom dat die tiener na bewering agter die stuur van die Toyota Yaris was.
Hy is toe ook in hegtenis geneem.
Klagtes van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur, regsverydeling en bestuur sonder ’n rybewys is gelê.

Kommentaar

Republikein 2025-09-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer