Lyk in rioolpyp in Windhoek ontdek
Die oorskot van 'n man is Maandag in 'n rioolgat in Windhoek ontdek.
Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het in 'n misdaadverslag gesê die lyk van die ongeïdentifiseerde man is in die rioolgat in 'n rivierbedding in Katutura gevind toe werknemers van die munisipaliteit besig was om die rioolpyp reg te maak nadat ’n verstopping aangemeld is.
Sy sê die oorsaak van dood is nog nie bekend nie en 'n nadoodse ondersoek sal Dinsdag gedoen word.
Die oorledene moet nog geïdentifiseer word en sy naasbestaandes is dus nog nie ingelig nie.
Shikwaambi het ’n beroep op lede van die publiek gedoen wat ’n vermiste familielid het om die polisie se lykshuis in Windhoek te besoek met die doel om hom uit te ken. -Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie