Lutherse herders ontken interne oorlog
ELCRN-kerklui het gister gesê hul onlangse sinodesaamtrek het glo vreedsaam verloop.
Denver Kisting – In ooreenstemming met die tema van vanjaar se sinode was hulle “die sout van die aarde” en het hulle ten gunste van versoening, eenheid en vrede gehandel.
Daar was glo ook geen bakleiery gedurende die openingsdiens nie.
Só het die uittredende en nuutverkose leiers van die Evangelies Lutherse Kerk in die Republiek van Namibië (ELCRN) gister gesê.
Dít kom nadat beweringe van gewelddadige onderonsies die afgelope week dik geloop het.
Mnr. Jack Robert Manale, ouderling en waarnemende voorsitter van die sinode, het dié aantygings op ’n nuuskonferensie in die hoofstad as bog afgemaak.
Volgens Manale het die bewerings – veral dié oor adjunkbiskop Paul Kisting – ten doel om die herder te belaster.
Hiernaas, het die waarnemende voorsitter aangevoer, is die aantygings ook daarop gemik om ’n onbehoorlike en kwaadwillige prentjie van die kerk se hoogste besluitnemingsliggaam, die sinode, te skets.
‘Geen aanranding’
Die storie dat Kisting ’n vrou buite die sinodevenue aangerand het, is van alle waarheid beroof, het Manale gesê.
“Die verdere besonderhede is onderworpe aan polisieondersoeke, maar ons kan bevestig adjunkbiskop Kisting het in geen stadium ’n vrou fisiek aangerand nie.”
Hy het toegegee daar was “volgens getuies” wel ’n skermutseling “tussen ongenooide groepe en sommige afgevaardigdes”.
Die onderonsie is glo uit verband geruk, het hy gesê.
Die saak is tans in die polisie se hande en moet dienooreenkomstig gerespekteer word, het Manale gepleit.
Kisting het hom oor ’n berig uitgespreek wat hom by die beweerde aanranding betrek.
“Ek beskou dit as baie onverantwoordelik om op nasionale televisie oor iets te berig sonder om dit te bevestig. Dit is my reg om die kwessie buite die kerk se gange te pak.”
Boonop is “die kwessie oor eenheid” nie net die kerkleiers se verantwoordelikheid nie, het Kisting gesê.
Gewone lede en medewerkers moet hulle ook tot eenheid verbind, het die herder gemaan.
“Ons almal as Christene is verplig om toe te sien dat hierdie baie belangrike bestanddeel behoue bly en dat die kudde bymekaargehou word,” het Kisting gister gesê.
Die saamtrek het tussen 24 en 29 Augustus op Mariental plaasgevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie