Lukas veg binnekort in MSG-heiligdom

'n Oorwinning in New York sal die beste moontlike hupstoot vir sy loopbaan wees.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die onoorwonne Sakaria Lukas (Desert Storm) word binnekort die eerste Namibiese bokser wat in Madison Square Garden in New York, een van die mees indrukwekkende en historiese sportarenas in die VSA, die handskoene in woede sal rondgooi.

Geen van sy landgenote het ooit tevore die hoogtes bereik om in die speelplek van Muhammad Ali, Joe Frazier, Mike Tyson en vele ander legendes sy merk in die beroemde MSG te maak nie.

Verreweg die grootste geveg van Lukas se loopbaan is vandeesweek aangekondig, met die bekendmaking dat hy op 14 Maart in New York teen die voormalige WBO-wêreldkampioen Jessie Magdaleno deur die toue sal klim.

Al is dit 'n nietitelgeveg, sal Magdaleno loshande die grootste naam op die Namibiër se getuigskrif wees. 'n Oorwinning sal hom gewis betekenisvol vorentoe laat skuif wanneer oor die voorste veergewigte (57 kg) ter wêreld gepraat word.

Sy promotor Scott Patrick Farrell, uitvoerende hoof van Global Boxing Stars, het aangekondig dat 'n ooreenkoms met Magdaleno se kamp (Bob Arum se Top Rank) bereik is vir die geveg oor tien rondes.

Dit is op die voorprogram vir 'n WBO wêreldtitelgeveg in die einste veergewigklas tussen Shakur Stevenson (VSA, houer) en Miguel Marriaga (Colombia).



BEIDE OP WÊRELDRANGLYS

Die linkshandige Magdaleno (27 gewen, een verloor, 18 uitklophoue) het in November 2016 die WBO-superkapokgewigtitel verower, deur die ervare legende Nonita Donaire (The Filipino Flash) eenparig met punte te klop. Magdaleno het dié titel een keer suksesvol verdedig (uitklophou teen Adeilson Dos Santos van Brasilië), maar 'n nare verrassing het in Maart 2018 op hom gewag.

Hy het Isaac Dogboe, 'n Brit van Ghanese afkoms (destyds 18-0) vroeg platgeslaan, maar laasgenoemde het hom met aggressie en kragtiger vuiste oorweldig en hom in die elfde ronde uitgeslaan – die enigste blerts op die Amerikaner se rekord as beroepsbokser.

Magdaleno het sedertdien reggeruk met twee oorwinnings in 2019 (Rico Ramos en Rafael Rivera) – beide in die swaarder gewigsklas veergewig. Op die oomblik word hy op twee gesaghebbende ranglyste gereken, naamlik nommer 2 deur die WBC en 4 deur die WBO.

Hierteenoor verskyn Sakaria Lukas ook tans op twee rang­lyste onder die top-15 (WBA negende en IBF sesde). Die Namibiër het in 2015 die WBO Afrika-gordel gewen en het dit tot in 2017 vyf keer suksesvol verdedig.

'n Dispuut met sy vorige promotor Nestor Tobias het tot 'n onaktiewe 2018 gelei, maar verlede jaar het Lukas met twee maklike seges sy onoorwonne rekord tot 23 gevegte (16 uitklophoue) laat aangroei.

Op papier sal Magdaleno dalk die voordeel van jeugdigheid geniet, met sy 28 lewensjare teenoor die 35-jarige Lukas.



'GUNSTELING VEGTER'

“Die wenner van hierdie geveg behoort sekerlik voor die einde van vanjaar 'n kans te kry om vir 'n wêreldtitel te boks,” voorspel Farrell.

“Sakaria Lukas alias Desert Storm is een van my gunsteling vegters. Ek en my span het lank en hard gewerk om hierdie geleentheid vir hom te laat gebeur.

“Daar is 'n Storm in aantog na Amerika, want Sakaria Lukas is ernstig oor sy besigheid. My professionele mening is dat Lukas die afgelope jare onregmatig misgekyk is, maar sy tyd het aangebreek en ek is baie bly dat ek die een kon wees wat dit laat gebeur.

“Nou hang alles van hom af, om te bewys dat hy op die elite vlak tussen die beste veergewigte ter wêreld tuishoort.

“Magdaleno is 'n baie dinamiese hotklou en 'n harde slaner, wat tans die VSA se WBC-kampioen is. Baie mense verskil van my, maar ek het volle vertroue dat Lukas kan voortgaan en 'n wêreldtitelgeveg afdwing.”

Farrell het ook lof uitgespreek teenoor Immanuel (Imms) Moses en sy AC Boxing-klub waar Lukas oefen en afgerig word. “Imms het 'n puik taak verrig en sonder sy vennootskap om Lukas by Global Boxing Stars te laat teken, sou niks hiervan vir Namibiese boks moontlik gewees het nie.”

Farrell en Paulus stem ooreen in hul siening dat die geveg in New York bloot die begin vir Lukas is en dat meer sulke groot gevegte sy voorland is.

• GBS en die AC-span sal kort daarna ook saamwerk vir “Rising Stars of Africa” op 28 Maart in Windhoek vir die gewese wêreldkampioen Paulus “The Hitman” Moses se terugkeer na die kryt.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%