Lukas gereed vir die grote in New York

'n Gewese wêreldtitelhouer wag in die Madison Square Garden-arena op die ambisieuse Namibiese vegter.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Sakaria Lukas, die onoorwonne Namibiese veergewigbokser met Global Boxing Stars as sy promotors, het vandeesweek toerusting van 'n gesogte internasionale handelsnaam ontvang.

Skaars twee weke voor sy groot geveg in Amerika teen Jessie Magdaleno is hy deur bemiddeling van AC Boxing-klub met handskoene, springtoue, slaansakke en skermtoerusting deur ROOMAIF bederf, terwyl die klub kussings vir die kryt se hoekpale ontvang het. ROOMAIF, met sy oorsprong in Duitsland, is 'n eksklusiewe aanlyn verspreider van klerasie en toerusting vir alle gevegsporte.

“Namibië is beslis nie eens 'n betekenisvolle mark vir hulle nie en daarom is dit besonders dat hulle ons geborg het. Afgesien van Sakaria het hulle die ander vier Namibiese vegters in die stal van Global Boxing Stars ook geborg, naamlik Paulus Ambunda (gewese wêreldkampioen), Lazarus Shaningwa, Jonas Matheus en Matias Hamunyela. Hiervoor is ons dankbaar teenoor die promotor Scott Patrick Farrell,” sê Imms Moses, die afrigter van Sakaria by AC Boxing-klub.

Die 35-jarige Lukas (vegnaam Desert Storm) sal op 14 Maart in die beroemde Madison Square Garden, New York, teen Magdaleno van die VSA deur die toue klim.

Lukas, met 'n skoon beroepsrekord van 23 oorwinnings uit 23 gevegte (16 uitklophoue), sal op sy heel beste moet wees as hy in New York teen dié 28-jarige hotklou in die kryt klim.

Lukas is wel sedert 1 Maart 2017 die houer van die Wêreldboksorganisasie (WBO) se Afrika-veergewigtitel, maar Magdaleno was al die WBO se superkapokgewig wêreldkampioen.

Die Amerikaner het sy WBO-wêreldkroon op 5 November 2016 teen Nonito Donaire (Filippyne) in die VSA met 'n eenparige puntebeslissing verdien. Hy verdedig sy gordel ses maande later een keer suksesvol teen Adeilson Dos Santos van Brasilië toe hy dié met 'n uitklophou stuit.

Twaalf maande later draai die gety egter vir hom teen Isaac Dogboe, 'n Ghanees-gebore Brit, toe dié hom met 'n uitklophou verniel om as die WBO-kampioen bekroon te word.

Magdaleno het maar onlangs na veergewig opgeskuif. Sy twee oorwinnings sedertdien was op 23 Maart 2019 teen Rico Ramos en op 17 Augustus 2019 teen Rafael Rivera. Beide gevegte was vir die Wêreldboksraad (WBC) se VSA nasionale titel.

Dat Magdaleno (27 oorwinnings, een nederlaag) die mees gedugte naam op Lukas se lys van opponente sal wees, spreek vanself.

Beide die WBC en WBO reken Magdaleno onder hul topvyf aanspraakmakers op hul onderskeie wêreldranglyste. By die WBC is hy die eerste aanspraakmaker op Gary Russell Junior (VSA) se veergewigwêreldtitel, terwyl die WBO hom as sy vyfde beste reken. The Ring Magazine beskou Magdaleno tans as nommer tien ter wêreld.

Desert Storm se talente is self nie te onderskat nie.

Die Internasionale Boksfederasie (IBF) plaas hom sesde op hul wêreldranglys, met James Dickens van Brittanje (derde), Kid Galahad van Brittanje (vierde) en Claudio Marrero van die Dominikaanse Republiek (vyfde) voor hom.

Die eerste en tweede posisies op die IBF-wêreldranglys is tans om een of ander rede vakant en dit is dalk waarmee die wenner tussen Lukas en Magdaleno beloon kan word.

Lukas het sy laaste twee gevegte verlede jaar met uitklophoue afgerond.

Sy eerste slagoffer was Ndodana Ncube van Zimbabwe vir wie hy in Meimaand in Harare, Zimbabwe, verniel het. Ongelukkig vir Lukas is die 26-jarige Raston Kayira (Malawi) 'n sukkelaar wat net een van sy tien geldgevegte kon wen, terwyl hy agt keer aan die verloorkant was en drie maal uitgeslaan is.

Met Kayira het dit in Windhoek nie beter gegaan nie en Lukas het hom in Desember met 'n uitklophou in ronde 8 uitgeblus. Ook Jeremiah Nakathila (tegniese uitklophou, Maart 2016), Mikka Shonena (eenparige puntebeslissing, September 2017) en Albinius Felesianu (uitklophou, Desember 2017) het die Malawiër reeds tevore in Namibië verslaan.

Lukas se laaste paar gevegte het ooglopend bloot gedien om hom weer aan die gang te kry, nadat sy wegbreek van MTC Nestor Sunshine-promosies in 'n dispuut ontaard het wat hom vir bykans 18 maande onaktief gehou het.

Hopelik het die gesoute Imms Moses, sy afrigter, sy huiswerk met Magdaleno gedoen. Dié hotklou van 1.63 meter spog nie verniet met 'n uitkloprekord van 64 persent nie. Die meeste van sy ander gevegte het hy met eenparige puntebeslissings oorheers.

Voor Magdaleno se geveg teen Rafael Rivera, het hy sy voornemens duidelik uitgespel.

“Niks gaan in my pad staan nie; my enigste mikpunt is om weer wêreldkampioen te word.

“Ek neem nie een van my opponente ligtelik op nie. Verlede jaar was goed vir my en vanjaar gaan nog beter wees.

“Ek wil in 2020 weer as wêreldkampioen bekroon word. Ek wil as 'n legende onthou word en in die geskiedenisboeke aangeteken word. Dit is my enigste droom as bokser,” het hy onlangs aan Boxingscene.com gesê.

Moses, afrigter van Lukas, glo sy bokser sal oor die nodige skietgoed beskik om Magdaleno in sy eie agterplaas te gaan troef.

“Ek weet hy kan Magdaleno klop; daarom het ons vir die geveg geteken. Ons het ons huiswerk gedoen en Magdaleno is presies die soort kompetisie wat ons vir Desert Storm soek. Ons het die afgelope paar jaar hard gewerk en is besig om die vrugte daarvan te pluk.

“Soos julle kan sien, is ons stadig maar seker besig om in die rigting van 'n wêreldtitelgeveg te beweeg,” het Moses verduidelik.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.11/OZ UP +0.83% | Copper US$ 4.51/lb UP +0.28% | Zinc US$ 2 908.40/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 84.67/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 977.14/OZ UP +0.30% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.11/OZ UP +0.83% | Copper US$ 4.51/lb UP +0.28% | Zinc US$ 2 908.40/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 84.67/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 977.14/OZ UP +0.30%