Luister vs. hoor vir beter welstand van jou kind (Deel 2)
Dit is alombekend dat die doel van luister is om aandag te skenk aan iemand of iets om te hoor wat gekommunikeer word, om hierdie inligting te verwerk en te reageer waarop gekommunikeer word.
“Luister” se sterk en swak punte speel ’n deurslaggewende rol in hoe gekommunikeerde boodskappe deur die persoon aan die ontvangkant ondervind word. Deur te werk met die Tomatis® Metode by die Instituut vir Sielkunde en Welstand aan die Noordwes-Universiteit, verduidelik Annelize Bonthuys, ’n voorligtingsielkundige, die sielkundige impak van luistervermoë se sterk en swak punte wat van groot belang is wanneer dit oor die welstand van ’n kind handel.
“Dit is belangrik om te onderskei tussen ‘gehoor’ en ‘luister’. Gehoor, wat gedefinieer word as die passiewe ontvangs van ’n klank, raak eers luister wanneer dit doelbewus en aandagtig gedoen word op ’n manier wat op ’n emosionele vlak aanvaarbaar is. ’n Kind kan dus perfek hoor, maar steeds sukkel om te luister.”
Watter rol speel ouers se stemme?
Van vier-en-’n-half maande in swangerskap tot by geboorte begin ’n kind reeds na die stem van sy/haar ma luister. Dit is die eerste kommunikasie wat die grondslag vir ’n emosionele band lê. Wanneer die klank van ma se stem deur die kind as aangenaam waargeneem word, is hulle dadelik meer toeganklik vir luister en skep dit ’n veilige emosionele grondslag vir die kind.
Wanneer jy met jou kind praat, hou die volgende vrae in gedagte:
• Hoe beïnvloed my kommunikasie (met my eggenoot en kind) my kind se vermoë om op ’n emosionele vlak te luister?
• Luister my kind met ’n logiese of emosionele oor? Luister hy/sy na wat gesê word of eerder hoe dit gesê word?
• Hoe kan ek met my kind op ’n meer emosionele aanvaarbare wyse kommunikeer?
“Die rol van die pa in die kind se ontwikkeling moet egter nie onderskat word nie. Die pa se stem komplementeer dié van die mamma ten einde vir die kind om goed gebalanseerde sielkundige aanpassing te bereik. Die verhouding tussen die ouers, hoe hulle met mekaar praat en mekaar behandel, het dus ’n direkte impak op die ontwikkeling van ’n kind op ’n emosionele en sielkundige vlak – meestal meer as wat ons dink.”
Annelize Bonthuys is ’n voorligtingsielkundige by die Instituut vir Sielkunde en Welstand aan die Noordwes-Universiteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie