Lugvaart se baas bedank
Maande ná haar toekoms in die weegskaal was, het die uitvoerende direkteur van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) die tuig neergelê.
Denver Kisting
Die uitvoerende direkteur van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA), me. Angeline Simana, het bedank.
Die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, het gister by navraag gesê: “Ek het ook so gehoor, maar nog niks amptelik gesien nie.”
Jooste sê hy verneem Simana het by een van die streeklugvaartliggame 'n pos losgeslaan. “Dis al wat ek weet tot dusver,” sê hy.
'n Bron het aan Republikein gesê sy werk nog net tot einde Mei. Simana het glo 'n betrekking in Senegal aanvaar, sê dié bron.
Simana het gistermiddag haar bedanking bevestig, maar wou nie oor haar toekomsplanne uitwei nie.
Sy het eweneens bevestig 30 Mei is haar laaste werksdag.
Pogings om by die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, kommentaar te kry, het teen druktyd nog geen vrugte afgewerp nie.
Die jongste wending kom skaars vier maande nadat Jooste en Mutorwa die bal heen en weer gegooi het oor onsekerheid rondom Simana se toekoms.
Voor Simana se prestasie nie geëvalueer word nie, kan haar kontrak nie verleng word nie, het Mutorwa einde Januarie gesê.
Mutorwa het gesê dit is 'n vereiste dat Jooste, na 'n kandidaat wat om 'n verlenging van 'n dienskontrak aansoek doen, se prestasie moet kyk.
Volgens Mutorwa het die NCAA-raad hom in Desember ingelig Simana se kontrak sou aan die einde van daardie maand ten einde loop.
Hy het toe aan Jooste geskryf om hom dienooreenkomstig in te lig en Simana se prestasiebeoordeling aan te vra.
“Ek wag nog daarop. Dit is om daardie rede dat die raad 'n waarnemende uitvoerende direkteur moes aanstel,” het hy toe gesê.
Namibian Sun het in Mei 2017 berig Simana is onder 'n wolk van geheimhouding aangestel nadat die hoëprofielvakature glo nie geadverteer is nie.
Toe is berig haar jaarlikse salaris beloop meer as N$1,1 miljoen.
Hiernaas sluit haar byvoordele mediesefonds- en pensioenfondslidmaatskap ten bedrae van N$252 000, 'n motortoelaag van N$108 770 en 'n behuisingstoelaag van N$81 558 in.
Sy sou na wat berig is ook in aanmerking vir 'n prestasiebonus van 35% van haar jaarlikse brutovergoedingspakket kom.
Simana was die direkteur van die NCAA se voorganger, die direktoraat van burgerlugvaart.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie