Lugredery se stelsel werk feitlik 100 persent
Lugredery se stelsel werk feitlik 100 persent

Lugredery se stelsel werk feitlik 100 persent

Air Namibia trek sy sokkies op
Estelle de Bruyn
Air Namibia het ongeveer twee maande gelede ’n nuwe stelsel vir die uitreiking van vliegtuigkaartjies in werking gestel en volgens die minister van staats­ondernemings, mnr. Leon Jooste, is vestigingsprobleme vir van die frustrasie verantwoordelik.

Hy het in die Nasionale Vergadering geantwoord op vrae van mnr. Nico Smit van die DTA.

Die nuwe stelsel is van ’n inligtingstegnologie-maatskappy vir die lugvaartbedryf, Hitit, met sy hoofkantoor in Istanboel, Turkye, aangeskaf.

Die besluit om die nuwe stelsel aan te skaf, is geneem omdat die ou stelsel in 1999 in werking gestel is en nie aan vele funksionaliteite en buigsaamheid wat in die hoogs mededingende mark vereis word, voldoen nie.

Jooste het toegegee die nuwe stelsel word oorwegend deur laekoste rederye gebruik, maar sê dit beskik ook oor funksies wat in die behoefte van voldiens rederye soos Air Nambia voorsien. Jooste wys daarop dat funksies wat laekoste rederye so winsgewend maak, soos hoë doelmatigheid, buigsaamheid en kostedoeltreffendheid, juis is wat Air Namibia nodig het om sy prosesse meer vaartbelyn te maak en meer kostedoeltreffend te word.

Hy het die versekering gegee dat Hitit by die internasionale lugvaart en –vervoervereniging (Iata) geakkrediteer is en lugrederye op vyf vastelande met meer as 40 internasionale lugvaartkliënte het.

As deel van ’n omsigtigheidsoudit­ het Air Namibia een van Hitit se grootste kliënte, Pegasus Airlines in Turkye, besoek. Pegasus is een van die wêreld se winsgewendste rederye met meer as 20 miljoen passasiers per jaar (in vergelyking met Air Namibia se 500 000 per jaar) en ’n vloot van 45 vliegtuie, teenoor Air Namibia se tien. Pegasus gebruik die Hitit-program die afgelope tien jaar.

tenderproses

Jooste het ook die versekering gegee dat die nuwe stelsel die tenderproses deurgegaan het en Air Namibia oor die volgende vyf jaar ongeveer N$15 miljoen sal kos, in vergelyking met ander mededingende stelsels wat in die omgewing van N$49 miljoen oor ’n tydperk van vyf jaar kos.

Van die vestigingsprobleme word toegeskryf aan data-migrasie van besprekings wat op die ou stelsel gedoen is vir passasiers wat wil reis eers nadat die nuwe stelsel in werking getree het. Welslae van 98 persent is behaal, met net twee persent van die data wat nie korrek oorgedra is nie. Die probleme moes met die hand opgelos word en dit het passasiers negatief beïnvloed, het Jooste gesê.

Interaktiewe e-vliegtuigkaartjies met ander lugrederye word ook ingefaseer. Met die ou stelsel was daar ooreenkomste met 52 lugrederye. Met die implementering van die nuwe stelsel is aanvanklik met 20 rederye, insluitende Lufthansa, die Suid-Afrikaanse Lugredery (SAL), Kenia se lugredery en British Air (BA) begin.

Interaksie met reisagent­skappe vind reeds plaas en slegs enkele gevalle waar probleme met stelsel-­tot-stelsel-kommunikasie voorkom, word ondervind.

Die menslike faktor en personeel wat nog besig is om die nuwe stelsel onder die knie te kry, het ook tot die vestigingsprobleme bygedra.

Wat nuwe mededinging vir Air Namibia in die vorm van KLM en Qatar Lugredery betref, sê Jooste die plaaslike lugredery ding reeds met SAL, BA, Condor en die Angolese redery mee. Met die toetrede van die nuwe rederye neem mededinging toe.

Air Namibia beskik egter oor ’n vyf jaar korporatiewe strategiese

plan wat daarop gemik is om die verlies aan ’n markaandeel die hoof te bied.

Van die fokusgebiede sluit ’n verbeterde produk en hoër standaarde van kliëntediens in.

Volgens Jooste is die redery reeds besig om doeltreffendheid te verbeter, nuwe roetes te ontwikkel en vinniger besluite te neem. Koste­besparing is ook een van die fokusgebiede, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A