Lughawewerkers ruk op
Die vakbond eis 'n verhoging van 3% ná aanpassings.
Werknemers van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) dreig om die arbeidskommissaris te nader omdat daar glo dadels van onderhandelinge oor salarisverhogings kom.
Die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) het Dinsdag 'n klagskrif aan die lughawensmaatskappy se bestuur by verskeie lughawens oraloor die land oorhandig.
Volgens die klagskrif het die ministerie van werke en vervoer 'n stokkie voor die onderhandelinge gesteek.
“Dis verbasend dat die ministerie nie ons ooreenkoms goedgekeur het nie, ondanks die feit dat die bestuur 100% seker is die verhoging is bekostigbaar en volhoubaar, en ondanks hul gewilligheid om die verhoging in werking te stel sodra die ministerie sy goedkeuring gee,” lees die klagskrif.
Werknemers se vergoeding sou op 'n standaard gebring word soos bepaal deur 'n verslag wat die ouditeure PricewaterhouseCoopers saamgestel het. Dit sou van 1 April 2018 af van krag wees.
Verder sou 'n 3%-verhoging, afgesien van dié aanpassing, geld. Die vakbond eis 'n N$320-vervoertoelaag en 'n 13de tjek, afgesien van die gewone vergoedingspakket.
Hulle eis dat die maatskappy van die 2020-boekjaar af die helfte van elke werker se mediesefondsbydrae betaal, en ook dat die pensioenfonds vir werknemers onmiddellik weer onder die staatspensioenfonds (GIPF) se beheer gebring word.
Die vakbond dring ook aan op die spoedige aanstelling van al die waarnemende strategiese bestuurders, “omdat die situasie onstabiliteit in die leierskap veroorsaak, asook onbevoegdheid van bestuur en die raad”.
“Ons eis dat NAC-beleide aangepas word in ooreenstemming met korporatiewe bestuur en gelei deur die arbeidswet om sodoende korrupte praktyke te vermy,” sê hulle.
Napwu het die NAC 14 dae gegee om aandag aan hul griewe te gee, anders sal die vakbond die arbeidskommissaris nader. Volgens hul verteenwoordiger, mnr. Jonas Lumbu, is die onderhandelinge voltooi, maar die maatskappy wil nie die ooreenkoms in werking stel nie.
Hy sê versuim om teen die spertyd aandag aan die eise te gee, sal die vakbond met geen ander opsie laat as om verdere stappe te doen nie.
NAC bestuur agt lughawens oor die land, waaronder die Internasionale Lughawe Hosea Kutako. Volgens die NAC-jaarverslag vir 2015-'16 het die maatskappy 356 werknemers op die loonlys, waarvan 346 op permanente werkskontrakte was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie