Lughawensmaatskappy skors grootbaas, ander hou00eb
Lughawensmaatskappy skors grootbaas, ander hou00eb

Lughawensmaatskappy skors grootbaas, ander hoë

Ronelle Rademeyer
Die Lughawensmaatskappy (NAC) het pas bekend gemaak dat die raad dié staatsonderneming se hoof uitvoerende beampte, mnr. Tamer El-Kallawi en die uitvoerende hoof van projekte, IT en ingenieurswese, mnr. Courage Silombela, met volle vergoeding geskors het.
Dit is onmiddellik van krag, hangend die uitkoms van 'n volledige ondersoek na beweerde "oortredings" wat onder die raad se aandag gekom het, lui 'n verklaring.
"Vanweë die erns van die beweerde oortredings en die voorwaardes van die dissiplinêre kode, het die raad geen ander keuse nie as om hulle dadelik te skors," sê mnr. Rodgers Kauta, voorsitter van die raad.
Die skorsings geskied met die medewete en toestemming van die ministers van staatsondernemings en van werke en vervoer, mnre. Leon Jooste en Alpheus !Naruseb, sê Kauta.

Kommentaar

Republikein 2026-10-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer