Lughawe: Immigrasiepunt kry hupstoot
Lughawe: Immigrasiepunt kry hupstoot

Lughawe: Immigrasiepunt kry hupstoot

Die immigrasiedirektoraat is op soek na nog 20 beamptes om die Internasionale Lughawe Hosea Kutako se diens te verbeter.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die direkteur van immigrasie en grensbeheer, mnr. Nehemia Nghishekwa, sê die ministerie van binnelandse sake en immigrasie is deeglik bewus van vertragings by die internasionale lughawe Hosea Kutako.

Passasiers moet veral in spitstye lank wag, wanneer tot vier reusevliegtuie van verskillende lugrederye binne minute ná mekaar by die lughawe land, om deur die verskeie aankomspunte te beweeg.

Volgens Nghishekwa moet tegniese kwessies by die lughawe eers reggestel word, voor dié probleem die hoof gebied kan word.

Tog het sy direktoraat reeds stappe gedoen om 24 bykomende personeellede na die lughawe te stuur om die druk te verlig, het hy gesê.

Tans is daar drie werkskofte waartydens 14 immigrasiebeamptes by die lughawe diens lewer.

Ná dié proses sal elke skof 20 lede aan diens hê, het die direkteur gesê.

Volgens hom sal vertragings egter steeds weens tekortkominge in infrastruktuur voorkom.

“Die aankomssaal was ontwerp om sowat 280 mense op ’n slag te hanteer. Nou land drie of vier vliegtuie elk met meer passasiers as dít op een slag. Al sit ons al die mense gou deur, sal hulle steeds vir byvoorbeeld hul bagasie moet wag,” het hy gesê.

“Ons lughawe is gebou toe Namibië nog ’n streek van Suid-Afrika was en was nie vir internasionale vlugte bedoel nie. In 1990 was daar gemiddeld tussen 100 000 en 200 000 besoekers per jaar. Nou is daar meer as ’n miljoen per jaar,” het Nghishekwa gesê.

Volgens hom is die enigste oplossing op die lange duur nuwe infrastruktuur.

Hy het ook daarop gewys dat immigrasiebeheer nie die enigste oponthoud op Hosea Kutako veroorsaak nie.

Passasiers moet ook deur die polisie se beheerpunt beweeg.

“In ’n stadium was daar geen gevaar van terrorisme nie. Nou is dit ’n probleem wat vereis dat almal deursoek moet word, anders sal lugrederye nie daar land nie,” het hy gesê.

Boonop is die afstand tussen dié beheerpunt en die immigrasiepunt ’n probleem.

Wat die hupstoot in terme van bykomende beamptes by die lughawe betref, het die ministerie reeds die eerste minister se kantoor genader om goedkeuring vir die bykomende 24 poste by die staatsdienskommissie te kry, het Nghishekwa gesê.

Dié poste word geadverteer en die aanstellingsproses is aan die gang.

“Hulle sal ruimte nodig hê om in te werk, en tans is daar geen ruimte vir bykomende werkstasies nie. Ons verwag opgradering van die lughawe deur die Namibië lughawensmaatskappy (NAC), maar wil verseker ons is gereed wanneer die aanpassings gedoen is,” het die direkteur gesê.

Oor hoe lank dit tans neem om deur die immigrasiepunt te beweeg, het hy gesê dit verskil van persoon tot persoon.

“Van hulle gaan vinniger deur, dit hang dikwels van hul dokumente af,” het hy gesê.

“Dit kan iemand ’n minuut neem, of twee, of dubbel soveel tyd, en dít is deel van die uitdagings,” het Nghishekwa gesê.

Volgens hom is die immigrasie-afdeling ook by die voorbereiding op die komende sekuriteitsoudit van die lughawe betrokke en werk hulle saam met die lughawensmaatskappy en burgerlugvaart om aan vereistes daarvoor te voldoen.

“Reisigers moet beter beplan. Almal kom op die laaste minuut daar aan. Beplan om betyds te vertrek, bring die nodige dokumente saam en wees geduldig,” is sy raad.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.08/OZ DOWN -0.0111 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 913.50/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 83.91/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 954.96/OZ DOWN -0.0006 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.08/OZ DOWN -0.0111 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 913.50/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 83.91/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 954.96/OZ DOWN -0.0006