Ludiks bly lekker op Otji
Stefan, Anelle en klein Leonard het die blink liggies van Johannesburg vir die Namibiese platteland verruil.
Francoise Steynberg – Stefan Ludik sê dit is vir hom en sy gesin wonderlik om in sy geboorteland te woon.
Stefan is sedert 1 Maart die senior bemarkingsbestuurder van Theo’s SuperSpar op Otjiwarongo.
“Otjiwarongo is die hart van Namibië. Almal is baie vriendelik en nooi my vir ‘n braai. Ek gaan sukkel om by almal uit te kom,” sê hy.
Terwyl hy by die koffiewinkel in Theo’s SuperSpar met Noorderlig gesels, nader seuntjies hom skaam-skaam: “Oom, sal oom asseblief Saterdag ons rugbywedstryd kom kyk?”
Die antwoord van die gawe Stefan is “ja” en “hoe laat?”
Stefan het sy glanslewe van 15 jaar as akteur en sanger van Elvis se Seun in Johannesburg vir Otjiwarongo verruil en sê hy is nie een oomblik spyt oor sy besluit nie.
“In my huis in Johannesburg het ek ‘n ingewikkelde alarmstelsel gehad en konstante onderliggende vrees en stres. Dit is so rustig en veilig hier op Otjiwarongo.”
Stefan sê hy is besig met baie projekte in sy nuwe pos. Hy behartig onder meer die sosialenetwerkplatforms van Theo’s SuperSpar vir bewusmaking in die gemeenskap.
“Ek neem ook self die video’s en redigeer dit.”
Volgens Stefan, is sy akteursvrou Anelle Bester, oorspronklik van Pretoria, versot op Namibië en sy en hul seuntjie, Leonard, pas ook lekker in die Noordedorp aan.
“Anelle is nou ma en tuisteskepper en sy is lief vir skilder. Ek het nog al my studiotoerusting en sy sal stemwerk vir radiostasies ook doen,” vertel Stefan.
“Ek sien so uit daarna om vir hulle al ons mooi lodges in Namibië te wys en te gaan kamp en visvang.”
Vir Stefan gaan dit nou oor ‘n goeie lewensgehalte en dit is ook vir hom kosbaar dat Leonard nou sy oupa Paul en ouma Susan Ludik gereeld kan sien.
Het Stefan nou permanent sy kitare weggepak?
“Ek stel nog my kitare in, maar my kind en my werk is nou my hoofprioriteite.”
Toe Noorderlig ‘n foto van hom wil neem, dring hy daarop aan dat “my girls saam met my op die foto moet wees”.
Dis duidelik dat Theo’s SuperSpar se personeel dol is op Stefan en hy op hulle.
Personeel van Theo’s SuperSpar het tydens Onafhanklikheidsvieringe kleurryke tradisionele drag gedra en Teambuild Namibia het ‘n tromslaansessie aangebied.
“Al ons personeel het aan die tromslaansessie deelgeneem en saam met die tradisionele dans en sang het dit ‘n feestelike atmosfeer in die winkel geskep wat die publiek terdeë geniet het,” vertel Stefan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie