LPM ruk op na NV
LPM ruk op na NV

LPM ruk op na NV

Augetto Graig
Ondersteuners van die Landless Peoples Movement (LPM) is voor die hekke van die parlementstuine waar hulle 'n optog hou teen die verbod op hul leiers, mnre. Bernadus Swartbooi en Lenny Seibeb, se deelname in parlement.

Die paar honderd mense dring aan om die speaker prof. Peter Katjavivi te spreek.

Namibiese polisiebeamptes laat nie die LPM- parlementslede toe om die perseel binne te gaan nie. Partylede blok steeds die ingangspad en roep die speaker om hul klagskrif te ontvang.

FOTO AUGETTO GRAIG

Kommentaar

Republikein 2025-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer