LPM: Politieke party of nie?
Die beweging moet nog besluit watter tipe formaat hy gaan aanneem, maar erken politieke verteenwoordiging is belangrik.
Catherine Sasman
Die Landless People's Movement (LPM) sê politieke analiste is verkeerd in hul uitsprake dat daar nie plek vir nog politieke partye in Namibië is nie.
Mnr. Bernadus Swartbooi, voormalige adjunkminister van grondhervorming en LPM-aktivis, het verlede Donderdag by die Rooivlag-kommandosaal in Katutura gesê analiste se persepsies word vertroebel deur hul lidmaatskap aan die regerende Swapo-party.
“Hulle het negatief geword en hul analise is gedoen in die konteks van die aanvaarding van 'n eenparty-staat,” het Swartbooi gesê.
Mnr. Phanuel Kaapama, politieke analis, is aangehaal waar hy sê 'n nuwe politieke party is in die huidige omgewing 'n “slegte idee”, want die huidige politieke terrein is “oorbevolk”.
Swartbooi vra: “Indien die politieke ruimte beknop is, watter idees bring diegene in daardie ruimte na die tafel?”
Hy sê diegene wat meen die LPM sal dieselfde as ander politieke partye wees, beperk hulself tot strategieë soos straatoptogte, hofsake, briewe aan die president en ander hooggeplaaste politici.
Swartbooi sê sulke strategieë is dikwels nutteloos.
“Ons moet grootword en van die strate af kom en na die hooftafel gaan.”
Hy het ook berigte ontken dat die LPM besluit het om homself in 'n politieke party te omskep.
Swartbooi sê ná die LPM-grondkonferensie vroeg in September is besluit om deeglik ondersoek in te stel na of dié maatskaplike beweging 'n politieke party moet word of by ander bewegings moet aansluit ter ondersteuning. Nog 'n oorweging is of hy onafhanklike kandidate vir 2019 se nasionale verkiesing sal kan voortbring.
“Hoe ons dit ook al doen, die punt wat ons maak, is dat ons nie die huidige regering kan ondersteun nie. Die sekondêre punt is dat dit nutteloos sal wees om sommige van die opposisiepartye te ondersteun,” het Swartbooi gesê.
Na verwagting sal die LPM teen November met 'n duidelike posisie vorendag kom.
Swartbooi het egter gesê hy is oortuig daarvan dat daar 'n “absolute behoefte is vir 'n politieke beweging wat nie téén iets is nie, maar vír iets”.
“Vir grondgeregtigheid, vir maatskaplike en ekonomiese geregtigheid en vir ekonomiese ontwikkeling, asook vir teenkorrupsie,” het hy gesê.
Swartbooi het gesê die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het in 'n “pro-korrupsiekommissie” verander, en gesê die ministerie van armoede-uitwissing is omskep in 'n “kruideniersware-ministerie” wat slegs “Shoprite-plastieksakke” uitdeel aan diegene wat die regerende party ondersteun.
Hy het gesê die DTA se “aanval” op die LPM was “onnodig” en voortydig.
Die DTA het in 'n vorige verklaring 'n beroep op sy lede gedoen om nie LPM-funksies by te woon nie en geïmpliseer die LPM is deur voormalige afvallige Swapo-lede gevorm wat kwaad is. “'n Aanval op 'n ongebore baba dui aan hoe onseker 'n politieke party is,” het Swartbooi gesê.
INTERNASIONAAL
Die LPM het gesê hy het sy grondhervormingsagenda na internasionale vlakke geneem.
Hulle sal Duitsland binnekort besoek waar die Namibiese grondkwessie bespreek sal word en hulle sal ook voorbrand maak by die Verenigde Nasies (VN).
Die beweging beweer die 1982-beginsels en Resolusie 435 is nooit ten volle geïmplementeer nie, wat marginalisering en uitsluiting vir baie laat voortduur.
Swartbooi het gesê dit is juis om laasgenoemde te takel, sowel as om korrupsie uit te roei dat die LPM besluit het om “verteenwoordigers na die magsmoondhede te stuur sodat hulle kapsie hierteen kan maak en ons verteenwoordigers kan wees”.
Hy sê: “Ons het mense in magsposisies nodig om ons besorgdhede te verstaan - mense wat namens ons sal praat wanneer ons nie daar is van die plaaslike owerhede, streeksrade en die Nasionale Vergadering af nie.
Ons het mense nodig wat nie daaraan herinner moet word waar hulle vandaan kom nie,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie