LPM-leiers oor vingers getik
LPM-leiers oor vingers getik

LPM-leiers oor vingers getik

Denver Kisting


Swartbooi, Seibeb gewaarsku

Denver Kisting – Die speaker, prof. Peter Katjavivi, sê die gedrag van die leiers van die Landless People’s Movement (LPM), mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, in die Nasionale Vergadering (NV) is onaanvaarbaar.

Katjavivi het vanmiddag ’n beroep op alle LP’s gedoen om hulle daarvan te weerhou om kommentaar in die NV te skree en onvanpaste taal te gebruik.

Volgens die speaker ondermyn dié gedrag die vlot verloop van sake binne die huis. “Hierdie gedrag ontwrig die werk van die huis tot nadeel van die mense wat ons verteenwoordig. Ek sal nie dié tipe gedrag van enige lid van die agbare huis duld nie.”

Hy sê dit is nie net dié twee opposisielede wat aan dié “onparlementêre gedrag” skuldig is nie.

Sou Swartbooi en Seibeb nie hul gedrag staak nie, sal hy hulle uit die huis laat verwyder, het Katjavivi gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-07-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer